Tamatiebedryf bekommerd oor motplaag
''n Potensiële verwoester van tamatie-oeste word tans redelik goed deur groter produsente beheer, maar kan vir kleinboere hoofbrekens besorg.
Ronelle Rademeyer - 'n Motspesie bekend as die tamatieblaarmyner, of Tuta absoluta, wat reeds die afgelope sowat agt maande skade aan tamatie-oeste veroorsaak, kan veral kleinboere in Namibië se sakke ruk.
Die blaarmyner-motspesie het reeds verwoesting gesaai onder tamatie-aanplantings in Nigerië en is onlangs ook in Suid-Afrika opgemerk.
Dié blaarmyner wat die blare, vrug en die stam van die tamatieplant vreet, kom oorspronklik van Suid-Amerika af. Dit is vir die eerste keer in 2006 in Spanje waargeneem, van waar dit na Italië versprei het en toe na die Midde-Ooste, berig Landbouweekblad.
Die mot het sy weg na Afrika gebaan en intussen na 15 lande op die vasteland versprei, onder meer die Soedan, Ethiopië, Kenia, Mali, Niger en Senegal. Daar is onlangs berig dat ongeveer 15% van Zambië se 300 000 tamatiekwekers reeds deur die mot geraak word, lui dié berig.
Mnr. Charles Krone, bestuurder van die saadmaatskappy Stark Ayres in Namibië, het by navraag gesê die tamatieblaarmyner is reeds sowat agt maande gelede deur groenteboere by Grootfontein, Tsumeb, Rundu en streke in die Sentrale Noorde aangemeld.
Stark Ayres het die Akkerbouraad sowat twee maande gelede oor die voorkoms van hierdie bedreigende plaag ingelig.
“Ek het dit verlede week vir die eerste keer ook in die Suidooste by mnr. Hoekus van Niekerk by Uhlenhorst gesien,” sê hy. Van Niekerk is ''n groot tamatieprodusent in dié omgewing.
“Die goeie nuus is dat dit beheer kan word. Die middels is egter duur. As produsente nie goeie plaagbeheer toepas nie, kan dit wel totale verwoesting veroorsaak,” sê hy.
Krone sê hoewel hy nie syfers het oor die verliese wat produsente al gely het nie, weet hy van boere in veral die Grootfontein-omgewing wat produksieverliese gehad het.
“Die groot ding van hierdie plaag is dat al drie die stadiums (wurm, papie en mot) bestry moet word ten einde die plaag te beheer.”
Hy sê die produsente wat dit reg bestuur, sal tamaties hê. “Omdat dit duur is om te beheer, kan tamaties wel skaarsers en duurder word,” sê Krone.
Mnr. Deon Benade, adjunkbestuurder van Namfo by Tsumeb, sê hulle het sowat sewe tot agt maande gelede die eerste skade aan die tamaties opgemerk.
Namfo is saam met die plase Sonop en Soetwater van die grootste tamatieprodusente in die land.
“Die probleem is dat baie van die onkruide wat by ons voorkom, soos nastergal en bitterolie, gasheerplante vir hierdie blaarmyner is.”
Benade sê Namfo se spuitprogram is sodanig dat daar tans baie min van die tamatieblaarmyners in die landerye voorkom.
Hy sê danksy goeie plaagbeheerprogramme op die groot groenteverbouingsplase, voorsien hy nie dat die tamatieblaarmyner in hierdie stadium die mark noemenswaardig sal beïnvloed nie.
“Die kleinboere wat tamaties as ''n kontantgewas verbou, kan swaarkry omdat die blaarmyner baie groot skade sal aanrig indien hulle dit nie reg bestry nie,” sê Benade.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie