Tamatiebredie

Bestanddele

1 kg lamsvleiskneukels, in blokkies gesny.

2 groot uie

2 huisies knoffel

1 groen rissie

45 ml tamatiepuree

2 x 400 g geblikte tamaties

500 ml biefekstrak

60 ml suiker

5 ml Komyn

5 ml paprika

5 ml soet basiliekruid

20 ml worcestersous

30 ml olyfolie

15 klein aartappeltjies (of soveel soos verkies)

Metode

Braai die vleis in die olyfolie. Haal uit en braai dan die groente tot halfgaar. Voeg die vleis weer by die groente met die worcestersous en braai vir 2 minute.

Voeg die res van die bestanddele by (behalwe die aartappels) en prut oor medium hitte vir 60 minute. Voeg dan die aartappels by en kook vir nog 20 minute. Sit voor met rys. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer