Tambwe toer met Haaie na Kiwiland
Superrugby
Tinus van Staden - Hy moes sy nuwe span se Superrugby-oorwinning teen die Bulle uit die paviljoen dophou, maar Madosh Tambwe kan eersdaags sy Haaie-buiging maak nadat dié vleuel by die Durbaniete se toergroep na Australasië ingesluit is.
Die Haaie het hul Superrugby-veldtog Vrydag in Durban met 'n oorwinning van 23-15 oor die Bulle begin.
Hulle het die volgende dag reeds na Nieu-Seeland vertrek, waar hul oorsese toer komende Vrydagoggend (SA tyd) met 'n kragmeting met die Highlanders in Dunedin begin.
Hulle speel ook teen die Hurricanes in Nieu-Seeland, voordat hulle na Australië reis vir wedstryde teen die Rebels en die Reds.
Benewens Tambwe, wat hom in 2019 van die Leeus by die Haaie aangesluit het, is Phepsi Buthelezi, 'n losvoorspeler en junior Springbok-kaptein, die stut Majola Mzamo en Dylan Richardson saam met die wedstryd-23-tal wat teen die Bulle gespeel het, gevoeg om die toergroep te vorm.
Sean Everitt, die Haaie se afrigter, is tevrede met die uitslag teen die Bulle, selfs al was dit 'n onaanskoulike wedstryd met baie hanteerfoute. Hy sê die bedompige toestande in Durban het daartoe bygedra en in daardie verband is dit goed dat die span nou oorsee reis.
“Ons wedstryd teen die Highlanders in Dunedin eerskomende Vrydag is onderdak, so dit sal geen invloed op die spel hê nie,” het Everitt ná die wedstryd gesê.
“Al die voorbereiding wat ons in die afseisoen gedoen het, behoort in hierdie opsig te help. Vier weke op reis bly 'n strawwe uitdaging vir enige span, maar daar is 'n besonderse goeie gees onder hierdie groep spelers.”
Hy sê die span kan hul foute regstel – insluitend hoe hulle in die lynstane kleigetrap het.
“Dit wat ons verkeerd gedoen het, kan alles reggemaak word, en die spelers doen weekliks meer ervaring op. Ek is tevrede met die uitslag.
“Wat wel nie so lekker is nie, is dat ons basies slegs een volledige oefensessie sal hê (voor die stryd teen die Highlanders).”
• Die toergroep: Voorspelers: Sikhumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche, Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Phepsi Buthelezi, Majola Mzamo, Dylan Richardson. Agterspelers: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain, Jeremy Ward, Madosh Tambwe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie