Tangeni skitter met drie goues
Tangeni skitter met drie goues

Tangeni skitter met drie goues

Die kode se vooruitsigte lyk belowend vir die Afrika-spele in Januarie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Namibiese Para­limpiese Komitee (NPC) het Saterdag sy jaarlikse Bank Windhoek en Coca-Cola nasionale kampioenskap by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied waaraan nege streke deelgeneem het.

Die Khomasstreek, waar die land se meeste atlete gesetel is, het die spankompetisie gewen, terwyl Erongo tweede geplaas was en Ohangwena die derde plek ingeneem het.

Die streke Omusati (vierde), Hardap (vyfde), Kavango (sesde), Oshana (sewende), !Kharas (agtste) en Oshikoto het hul beste gelewer, maar kon met kleiner getalle nie hul eweknieë van Khomas se prestasies ewenaar nie.

Atlete van internasionale klas soos Ananias Shikongo (T11), Johannes Nambala (T13) en die rolstoeljaer Roodly Gowaseb het opnuut die toeskouers en atlete met puik vertonings bederf. Shikongo en Nambala het beide in hul 400 en 200 naellope goue medaljes verwerf.

Gowaseb se kragtoer het in die 200 meter naelry en die meer taktiese 800 voortgeduur, waar hy twee goues behaal het.

Reginald Benade het soos van ouds goud in die gewigstoot en in die skyfwerp verower.

'n Vars briesie op die kampioenskap was beslis Tangeni Ashipala van die Erongostreek wat in die T46-naellope 100, 200 en 400 sy teenstanders uitgeskof het om drie nasionale titels op sy CV aan te bring.

Lahja Ishitile en Johanna Benson is ook weer terug op die baan, maar beide sterre het 'n stillerige kampioenskap gehad. Benson (36.47 s) het wel goud in die 200 m in haar klassifikasie opgeraap, maar moes tevrede wees om bykans vier sekondes stadiger in die tweede plek ná Albertina Johannes (32.14 s) oor die eindstreep te seil. Sy het ook 'n silwermedalje in die verspring verwerf.

Die NPC se sekretaris-generaal, Michael Hamukwaya, het agterna aan Nampa gesê dit is bemoedigend om te sien hoe gesiggestremde hardlopers uit die afgeleë streke kom en wêreldklas vertonings lewer.

“Ons stuur in Januarie 'n span na die Afrika-spele in Marokko. Die streekspanne was goed voorbereid en het sterk meegeding. As 'n federasie kan ons werk om die velditems te verbeter, waar Khomas te sterk vir die res was.”



Die voorste uitslae:

MANS BAANITEMS

100 meter (T45-T47): 1 Tangeni Ashipala 11.14 (Erongo), 2 Elias Ndimulunde 11.87 (Khomas), 3 Bradley Murere 12.09 (Erongo).

200 (T11): 1 Bernardo Alfred 24.58 (Khomas), 2 Kambudu Matheus 25.93 (Oshana), 3 Tobias Moses 26.48 (Khomas).

200 (T12): Christop Marungu 24.12 (Kavango), 2 Chris Kinda 24.22 (Khomas), 3 Paulus Filipus 24.23 (Oshana).

200 (T13): 1 Kandirikurira Memaina 23.56, 2 Mushila Eino 23.61, 3 Mujoro Nguundja 24.39 (almal Khomas).

200 (T36-T38): 1 !Noarseb Ngjurwa 28.36, 2 Patuumasa George 29.81 (beide Khomas), 3 Fransa Heinrich 30.06 (Omusati).

200 (T42-T44): 1 Denzel Namene 25.32 (Khomas), 2 Ndaumbua Aaron 35.31 (Oshikoto).

200 (T45-T47): 1 Tangeni Ashipala 22.95, 2 Ismael Shatimwene 25.61 (beide Erongo).

200 m-rolstoel (T52-T54): 1 Roodly Gowaseb 37.99 (Khomas), 2 Kamenye Matias 38.30 (Oshana), 3 Ndero Ricardo 43.35 (Khomas).

400 (T11 en T12): 1 Ananias Shikongo 52.94 (Khomas), 2 Makungu Christof 53.93 (Kavango), 3 Paulus Fillupus 55.80 (Oshana).

400 (T13): 1 Johannes Nambala 50.40, 2 Mushila Eino 53.40, 3 Fillemon Amos 53.96 (almal Khomas).

400 (T37): 1 Neumbo Nekunya 1:11.09 (streek onbekend).

400 (T46): 1 Tangeni Ashipala 53.23, 2 Isamael Shatimwene 56.37 (beide Erongo).

800 rolstoel (T52 en T54): 1 Roodly Gowaseb 2:23.21 (Khomas), 2 Matias Kabuwa 2:43.12 (Oshana), 3 Ndero Ricardo 3:21.27 (Khomas).

800 (T36-T38): 1 Petrus Kasanga 2:13.93 (Khomas), 2 Martines Etuhole 2:41.78 (Erongo).

1500 (T11-T13): 1 Abrahama Hafyenanye 5 minute 11.5 sekondes (Oshona), 2 Ngumeritzo Katuoo 5:30.90 (Khomas), 3 Shikamuka Simon 5:40.20 (Kavango).

1500 (T36-T38): 1 Patrus Kasanga 4:55.30, 2 Gideon Tjihuro 5:10.40 (beide Khomas), 3 Martinus Martinus 5:20.60 (Erongo).



MANS VELDITEMS

Gewigstoot (F13): 1 Moses Nghiwete (Ohangwena).

Gewigstoot (F36 en F37): 1 Reginald Benade 11.17 meter (Hardap), 2 Shihepo Simon 8.59 (Khomas), 3 Anthony Cloete 4.48 (!Kharas).

Gewigstoot (F44-F46): 1 Festus Shikuto 8.90 (Erongo), 2 Hafeni Ananias 8.45, 3 Lisius Matheus 7.11 (streke onbekend).

Skyfwerp (F36): 1 Reginald Benade 33.23 (Hardap).

Skyfwerp (F37): 1 Simon Shihepo 32.41 (Khomas), 2 Fransa Heinrich 22.17 (Omusati), 3 Anthony Cloete 13.94 (!Kharas).

Skyfwerp (F42-F43): 1 Paulus Schoombee 24.02 (Omusati), 2 Hafeni Ananias 20.78 (Erongo), 3 Elton Duncan 10.05 (Hardap).

Skyfwerp (F44): 1 Festus Shikuto 25.03 (Erongo), 2 Malima Nikauor 16.17 (Oshana), 3 Lisius Matheus 14.86 (Ohangwena).

Skyfwerp (F57): 1 Bernadus Amujera 16.28, 2 Johannes Sipepe 11.66 (beide Erongo), 3 Chrispin Louw 9.74 (!Kharas).

Spiesgooi (F36-F38): 1 Fransa Heinrich 31.96 (Omusati), 2 Simon Shihepo 27.97 (Khomas).

Spiesgooi (F42-F44): 1 Hafeni Ananias 30.26, 2 Festus Shikuto 29.45 (beide Khomas), 3 Moses Nghiwate 25.96 (streek onbekend).

Spiesgooi (F57): 1 Bernadus Amujera 13.96, 2 Johannes Sipepe 11.52 (beide Erongo), 3 Hesman Ndeanyema 8.57 (Ohangwena).

Verspring (F11-F13): 1 Alfredo Benado 5.87 (Khomas), 2 Stevenson Hamukoto 4.94 (Oshana).



VROUE BAANITEMS

200 m (T11 en T12): 1 Maria Martin 33.94 (Omusati), 2 Beata Hausiku 33.49 (Kavango).

200 m (T13): 1 Olivia Iyambo 29.89 (Khomas), 2 Hambeleleni Makanda 30.57 (Kavango), 3 Emilia Musenge 31.57 (Khomas).

200 m (T36-T38): 1 Albertina Johannes 32.14 (Oshana), 2 Johanna Benson 36.47 (Erongo), 3 Amorie Sakeus 36.70 (Hardap).

400 m (T13): 1 Maria Simon 1:07.45, Hambeleleni Makanda 1:16.42 (beide Kavango).

800 m (F46): 1 Hambeleleni Makanda (Oshana), 2 Ngesheya Peneyambelio (Ohangwena).



VROUE VELDITEMS

Gewigstoot (F36 en F37): 1 Joolokeni Hamunyela 6.55 meter (onbekend), 2 Martha Hitekalute 5.26 (!Kharas).

Gewigstoot (F40): 1 Sylvia Shivolo 5.26, 2 Lovisa Petrus 5.01 (beide Khomas), 3 Petronella Fredericks 4.92 (Hardap).

Gewigstoot (F44-F46): 1 Loide Ndapuka 5.56, 2 Aina Shikalepo 5.01, 3 Teopolina Killian 4.14 (onbekend).

Gewigstoot (F57): 1 Linea Wandja 2.15, 2 Ester Shandjanale 1.74 (beide Ohangwena), 3 Sharon Engelbrecht 1.69 (Hardap).

Skyfwerp (F37): 1 Martha Hitekalute 15.45 (!Kharas).

Skyfwerp (F40): 1 Sylvia Shivolo 15.89, Lovisa Petrus 14.28 (beide (Khomas).

Skyfwerp (F40 juniors): 1 Petronella Fredericks (Hardap).

Skyfwerp (F44): 1 Loide Ndapuka 15.32 (Erongo).

Skyfwerp (F45): 1 Theopolina Killian 12.31 (Hardap).

Skyfwerp (F57): 1 Linea Waandja 5.69, 2 Ester Shadjanale 4.94 (Ohangwena).

Spiesgooi (F40, F42, F44): 1 Loide Ndapuka 15.50 (Erongo), 2 Sylvia Shivolo 13.81 (Khomas), 3 Joolokeni Hamunyela 10.75 (Ohangwena).

Spiesgooi (F57): 1 Linae Waandja 5.00, Ester Shadjanale 4.62 (Ohangwena).

Verspring (F37-F46): 1 Albertina Johannes 4.26 (Oshana), Johanna Benson 3.51 (Erongo).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!