Tannie druk kinders se hande in vuur

Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die polisie in die Oshikotostreek het twee minderjariges in 'n skuiling op Onandjokwe geplaas nadat hulle verlede week brandwonde oorleef het wat deur hul tannie toegedien is.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Oshikotostreek, inspekteur Ellen Nehale, sterk die kinders goed aan en is hulle vir hul emosionele welstand in die sorg van 'n maatskaplike werker geplaas.

Sy het bevestig me. Hileni Simon (26) het glo die twee kinders van onderskeidelik vyf en ses jaar oud gebrand – glo om hulle 'n les te leer nadat sy op hulle afgekom het waar hulle met vuur by hul huis gespeel het.

Simon het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Sy is op waarskuwing vrygelaat aangesien sy nog haar vier maande oue baba borsvoed. Haar baba is ná haar inhegtenisneming in die sorg van maatskaplike werkers geplaas. Sy mag nie kontak met die slagoffers of hul voogde maak nie en sy moes ook haar besittings gaan haal en na 'n ander nedersetting verhuis.

Nehale het gesê die verdagte het glo die kinders geslaan en hul hande met vlamme gebrand wat tot ­ernstige ­beserings gelei het.

Na bewering het sy die kinders alleen by die huis gelos en met haar terugkeer het sy die kinders voor die oop vuur in die tradisionele kombuis gekry.

“Sy het kwaad geword en hulle geslaan. Sy het ook hul hande in die vuur gedruk. Die verdagte het die kinders in die huis gehou en nie na die hospitaal geneem nie. Die bure het die polisie ontbied,” het Nehale gesê.

Sy het verder gesê die ouers van die kinders is onmiddellik ingelig. Die slagoffers het mediese hulp ontvang en herstel nou by die skuiling. Die verdagte is die kinders se tannie en oppasser.

Die saak is tot 20 Januarie 2022 uitgestel.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!