Tannie Malie was enig in haar soort
Die jarelange sportlegende het op elke vlak van die spel tot Namibiese netbal bygedra.
Andrew Poolman
Die nalatenskap wat wyle me. Malie Snyman as voormalige netbalspeler en administrateur vir Namibië agterlaat, sal heel moontlik nooit uitgewis kan word nie.
Die 82-jarige legende van Namibiese netbal is Maandagoggend ná ’n siekbed in Windhoek oorlede.
Snyman het in 1970 die enigste netbalspeler van Suidwes geword wat ooit vir die Springbokspan gekies is en het ook die toergroep na Australië in 1971 gehaal.
Vir die voorafgaande tien jaar het sy ook elke jaar proewe gespeel en is oor die hoof gesien, maar haar deursettingsvermoë ten spyte van teleurstellings is inderdaad beloon.
Die meisies wat op 21 Oktober 1938 op Keetmanshoop gebore is, het reeds vanaf agtjarige ouderdom begin netbal speel en ook in hokkie en as naelloper uitgeblink. Haar laerskooljare was op Outjo, voordat sy op Meisieskool Oranje in Bloemfontein deur die hoërskool is.
Met insluiting in die Vrystaat Skolespan as een van haar vroeë prestasies, het sy na haar geboorteland teruggekeer en vir ’n ontsagwekkende 23 jaar lank op provinsiale vlak vir die destydse Suidwes gespeel.
Sy het drie keer uitgestyg om as Suidwes se sportvrou van die jaar bekroon te word (1970, 1971 en 1974) en was vir tien jaar die Suidwes-netbalkaptein. Sy het op 48-jarige leeftyd steeds aangehou netbal speel, totdat sy tydens ’n wedstryd ’n hartaanval gekry het en besluit het om op te hou.
Haar individuele prestasies as speler was egter bloot die begin van haar insette in Namibiese netbal. Later was sy vir twee jaar die afrigter van Suidwes en vir ’n veel langer periode die spanbestuurder en ’n nasionale keurder.
Sy het ook as skeidsregter gekwalifiseer en is gereeld ingespan om by toernooie in Suid-Afrika op te tree.
Tannie Malie was 17 jaar lank die voorsitter van die Sentraal-netbalvereniging (nou Khomas) en later ook president van SWA netbal (1986 tot 1988).
Saam met Piet van Reyn was sy in 1960 ’n stigterslid van Wanderers netbalklub en het vir meer as 56 jaar aktief by die klub betrokke gebly., waar sy later ook as erelid van Wanderers-sportklub bekroon is.
Sy het haar man Henning – met wie sy reeds vanaf standerd 4 “gekys” was – in 1997 aan kanker afgestaan. Henning Snyman was ’n formidabele rugby-afrigter wat Suidwes-Afrika en later Namibië tot groot hoogtes gevoer het.
Die Namibiese Olimpiese Komitee het haar ook in 2015 by ’n spesiale funksie as ’n Namibiese legende vereer. Sy het hierdie verering destyds aan wyle oom Henning opgedra: ““Hierdie dag behoort ewe veel aan hom, wat my so dikwels ondersteun en gemotiveer het.”
Tannie Malie het veral die afgelope twee jaar met haar gesondheid gesukkel nadat sy ’n heupoperasie ondergaan het. Oor die laaste twee weke het haar toestand ook versleg.
Sy laat drie kinders agter (Henning, Francie en Ronel); drie skoonkinders (Louisa, Danie van der Merwe en Sybrand de Beer), nege kleinkinders en twee agterkleinkinders.
Haar dogter Ronel sê: “My ma het ’n leuse gehad – ‘Jy kan altyd’. Sy het ons geleer jy moet nooit sê ek kan nie. JY KAN. As jy hard werk, sal jy jou beloning op die regte tyd kry. Jy moet selfvertroue hê en weet dat wat jy insit, sal jy uitkry.”
Onder die huldeblyke tot dusver op sosiale media sluit in dié van Sunette Burden, wat die afgelope jare by die afrigting van die nasionale netbalspan betrokke is.
Sy skryf: “My hart het ’n groot gat vanaand... my mentor, my netbal-ma, my raadgewer is weggeneem. Woorde kan nie genoeg beskryf wat Ouma Malie vir my beteken het nie. Sy was legendaries... een van haar soort! Gaan Ouma Malie ongelooflik mis... maar ek sal my woord hou en Wanderers-netbal staande hou! Gaan rus lekker... ons hou die vort hier! Liefies Ouma Malie altyd, tot ons mekaar weer sien.”
’n Roudiens word op Woensdag, 2 Junie om 11:00 in die NG Suiderhof-kerk gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie