Tannie Rina wil tradisie voortsit
Tannie Rina wil tradisie voortsit

Tannie Rina wil tradisie voortsit

Yandi Du Plessis
Ter nagedagtenis aan haar man wat drie maande gelede die stryd teen kanker verloor het, het me. Rina Majiedt onlangs ’n 5 km-staptog aangepak. In die proses het sy nie net bewustheid oor die siekte geskep nie, maar ook N$3 300 vir die Kankervereniging van Namibië (CAN) se Huis Acacia ingesamel.

Met die oorhandiging van die skenking aan mnr. Rolf Hansen van CAN, het Tannie Rina, soos sy by CAN bekend staan, gesê: “Ek doen dit ter ere van my dierbare man en ek wil hierdie tradisie voortsit om die vereniging te ondersteun, omdat die behoefte van baie kankerlyers so groot is.”

“Tannie Rina, baie dankie dat jy ons jonges wys hoe dit gedoen word en hoe ons dié wat nie so bevoorreg soos ons is nie, kan ondersteun,” het Hansen gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!