Tanzaniu00eb stel onafhanklikheidsvieringe af
Tanzaniu00eb stel onafhanklikheidsvieringe af

Tanzanië stel onafhanklikheidsvieringe af

Pres. John Magufuli van Tanzanië wys hy is ernstig oor kostebesnoeiing.
NAMPA
Tanzanië se nuutverkose pres. John Magufuli het onafhanklikheidsvieringe afgestel en beveel dat ‘n skoonmaakveldtog eerder gehou word.

Dit sou “skandelik” wees om groot bedrae geld op vieringe te bestee, “terwyl ons mense van cholera doodgaan", het die staatstelevisie berig.

Cholera het die afgelope drie maande reeds die lewe van ongeveer 60 mense geëis. Dit sal die eerste keer in 54 jaar wees dat onafhanklikheidsvieringe nie gehou word om die land se onafhanklikwording van Brittanje te gedenk nie.

Magufuli se party, Chama Cha Mapinduzi (CCM), is sedert die beëindiging van koloniale heerskappy op 9 Desember 1961 aan bewind en het verlede maand ‘n nuwe mandaat in verkiesings in die land gekry.

Baie mense was verbaas oor Magufuli se aankondiging, maar volgens die BBC is die besluit wyd verwelkom.

Talle is van mening dat dit sy verbintenis wys om besteding aan bande te lê en die cholera-uitbreking die hoof te bied.

Dit bly egter ‘n ope vraag of mense ag sal slaan op sy opdrag om op onafhanklikheidsdag die land skoon te maak.

Onafhanklikheidsvieringe gaan gewoonlik gepaard met ‘n presidensiële toespraak, ‘n militêre parade en optrede deur verskeie musikale groepe in die nasionale stadion in Dar es Salaam.

Magufuli se woordvoerder, Gerson Msigwa, het nie gesê hoeveel geld bespaar sal word met die kansellasie van die vieringe nie, maar wel dat dit op hospitale en in die stryd teen cholera bestee sal word. Dit is veral ‘n probleem in arm gebiede waar daar ‘n tekort aan toiletgeriewe is. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!