Tara 2016: praat saam oor die deelnemers
Motorsport
Roland Himmel en navigator Juan Erlank
2010: Neem in Suid-Afrika aan die Noordelike streekkampioenskap deel. 2011-2015: Kompeteer in Namibië se nasionale kampioenskap asook ’n paar tydrenne van die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap. Vierde plek verlede jaar in die 1600-klas met die Gauteng nasionale kampioenskap.
Beste resultaat is ’n tweede plek algeheel in die Noorde streekkampioenskap by Cullinan en eerste in hul klas. Wen hul klas in die 2016 Tsumeb-tydren en eindig algeheel tweede en palm ’n eerste plek in die S1-klas met die 2016 Gobabis-tydren in.
Richard Slamet en navigator Wiets Coetzee
Slamet en Coetzee begin in 2014 vir die eerste keer as ’n span jaag. Slamet is ’n gesoute renstel-, motor- en motorfietsjaer wat verskeie klub- en nasionale titels agter sy naam het, maar het geen ondervinding van tydrenne nie. Hy en Coetzee leer egter gou hoe die wêreld van stof en klippe werk om ’n hegte vriendskap op te bou.
Aanvanklik neem hulle in die S1-klas deel, maar in 2015 ruil hulle die 1600 Toyota vir ’n kragtige Toyota RunX S2000 4x4 waarmee hulle goeie rekenskap gee. As nie-amptelike wenners van die 2015 Total Tara, maak die span vanjaar met mening ’n terugkeer.
Tinus Malan en navigator Paul van Niekerk
Tinus Malan sê hy was maar altyd mal oor motorsport, maar het eers ’n bietjie laat begin.
“In 2008 het ek vir die eerste keer saam met Rolf Pretorius as navigator in sy kar geklim en om alles te kroon het ons daardie jaar eerste in ons klas geëindig en vyfde algeheel!
“Met die 2009-seisoen het ek by Pretorius as bestuurder oorgeneem en Willy van Wyk was my navigator. Vir die volgende drie jaar het ons die S3-klas twee keer gewen en was selfs in ’n stadium algeheel vierde op die kampioenskap se puntelys. Vanaf 2011 tot verlede jaar het Rian Viljoen die navigasie waargeneem waar ons ook sukses behaal het.
“Paul van Niekerk wat nou langs my sit, is geheel en al ’n groentjie. Ongelukkig het probleme ons met die 1000 Dunes-tydren gekortwiek en net drie van die tien sneldele is voltooi.
“Ek en Pretorius het in ’n ou bokstipe BMW gejaag waarna ons dit vir ’n 325i Dolphin-tipe BMW verruil het. In 2011 verander ons met groot sukses die vierdeur-BMW in ’n tweedeur. In Desember 2012 neem ek aan die Rally-X by Swakopmund deel waar die enjin aan die brand slaan en binne minute is nie net vyf jaar se harde werk en baie geld verbrand nie, maar ook my kinderdrome was daarmee heen.
“’n Paar maande later het ek ’n Toyota MR2 met ’n defekte enjin en ratkas bekom en só het ek weer van voor af begin om ’n kar op te bou. Dit was ’n stadige proses, want geld is skaars, maar met ’n paar tydrenne agter ons moet ek sê die kar gedra hom heel goed,” sê Malan.
Willem Hugo en navigator Mandi Hugo
Hugo neem sedert 1982 aan tydrenne as bestuurder en navigator deel. Hy het ook al langbaan- én ovaalbaanrenne op grond en teer aangepak. Hugo se kleindogter, Mandi Hugo (15), is tans sy navigator en hulle staan as die “Outoppie en Jong Rally-bokkie” bekend.
Mandi se twee ander susters, Maretha en Stefanie, het ook al langs Hugo gesit om die roetenotas te lees. Hugo se tydrenspore lê nie net in Namibië nie, maar hy het ook al in Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe gejaag.
In ’n stadium het Stefanie vir twee jaar agter die stuurwiel ingeskuif terwyl Hugo as navigator sy storie moes ken terwyl hulle in die Kaap se streekkampioenskap deelgeneem het. Hulle het ook vir drie jaar in die SA nasionale tydrenkampioenskap gery.
Nadat Stefanie swanger geraak het, moes Hugo noodgedwonge weer beheer met Mandi as navigator neem.
Hugo sê Mandi is die koelste en kalmste navigator wat hy nóg gehad het en sy geniet haar gate uit. Hugo en Mandi is die oudste én jongste spanlede wat tans aan tydrenne in Nambië deelneem.
“Die gemiddelde ouderdom is darem nie te sleg nie,” skerts Hugo.
Pieter Greeff en navigator Steven Robinson
“Ek het in 2012 met ’n V6 Ford Courier-bakkie in die ope klas begin deelneem, tot ek verlede jaar die S1-klas met ’n 1600 Toyota Corolla gepak het. Die beste wat ons nog gevaar het, was toe ons die ope klas gewen het en ’n tweede plek in die S1-klas kon bemeester,” sê Greeff.
Die span het by die onlangse 2016 Gobabis-byeenkoms ook goed gevaar (tweede in hul klas).
Etienne van den Heever en navigator Willy van Wyk
Van den Heever het sy debuut met die 2015 Tara-tydren in ’n Ford Sapphire met ’n Rotary-enjin gemaak wat eers aan Rolf Pretorius behoort het. Vir die 2016-seisoen is sy keuse ’n Toyota RunX RSi wat eers vir Cecil Koortz diens gedoen het.
Met die 1000 Dunes by Swakopmund was hulle tweede in die S2-klas met die RunX. Hulle was derde in die Tsumeb-tydren.
Willy van Wyk het in 2006 sy debuut as navigator gemaak en spog ook met ses jaar se ondervinding as ’n bestuurder.
“Ons is nog relatief jonk en onervare wat tydrenne betref en het nog baie om te leer. Ons geniet die sport, want die reuk van petroldampe en brandende rubber vloei in ons are,” sê Van den Heever.
Gert Liebenberg en navigator Johan Thiart
“Dit is my en Johan se sesde jaar saam in die Taras. Ons het vier klaargemaak en ook ’n podium-posisie in vier behaal. Ons het eers met ’n Nissan-bakkie met ’n 2.8 liter-enjin aan die ope klas deelgeneem. Vanjaar het ons met ’n meer kragtige kar ander planne, want die V8 Nissan-bakkie (tevore van Rian Kritzinger) is in ’n klas van sy eie.
“Ons sien uit na die jaar wat voorlê en gaan probeer om in 2017 in elke tydren te jaag. Die Tara is ’n geharde tydren en ons wil graag weer soos Rian Kritzinger algeheel derde eindig,” vertel Liebenberg.
Oswaldo Mendes en navigator Cecil Koorts
Mendes was in 1983-84 navigator vir José Coelho. Hy los motorsport tot 1999 en in 2000 en 2001 wen hy die ovaalbaankampioenskap. In 2002 begin Mendes weer met tydrenne en by die Tara is hy die eerste Namibiër en word algeheel derde met sy 3.4 liter Ford-bakkie geplaas.
“Ek jaag vir die liefde vir die sport en om my self te geniet,” sê hy.
Koorts is al die afgelope 15 jaar by motorsport betrokke en was twee jaar ná mekaar die S1-kampioen. In verlede jaar se Tara het Koorts en Mendes met hul Toyota RunX probleme ondervind en twee trajekte voor die einde halt geroep. Die 2016 Tara is dié span se tweede byeenkoms.
Marco Luis en navigator De Wet du Plessis
Luis begin sy tydrenloopbaan in 2013 met ’n Subaru Impreza 4x4 in die S4-klas, maar verander later sy motor (1600 Ford Ikon) om die S1-klas te pak. Verlede jaar verander hy sy keuse na die Subaru om met die Tara vierde algeheel en tweede in sy klas te eindig.
Du Plessis begin waag in 2009 sy hand aan tydrenne, as navigator saam met sy broer in ’n Ford Ikon. In 2012 bevind hy hom as jaer agter die stuurwiel van ’n BMW 335i. In 2014 begin hy en Luis saamspan en twee jaar later is hulle steeds saam.
Rolf Pretorius en navigator Kai Pretorius
Rolf begin in 1976 as 19-jarige resies jaag en twee jaar later bevind hy hom vir die eerste keer by die Tara. In 1986 wen hy die Tara in ’n Toyota Corolla met sy broer Hans as navigator. Die broers was ’n formidabele span en wen die Namibiese kampioenskap vir vyf jaar.
Vanjaar is dit 30 jaar gelede dat Rolf die Tara gewen het en hy durf saam met sy seun Kai die 2016 weergawe aan met dieselfde Toyota-bakkie as waarmee hulle in 2000 saam begin jaag het.
Allan Martin en navigator Melvin Gous
Martin neem die afgelope ses jaar saam met Gous met sy VW Polo S2000 in die S3-klas deel. In 2012 was hy die Namibiese nasionale kampioen.
Van al die verskillende ren-dissiplines geniet hy tydrenne die meeste waar hy teen sy vriende kan meeding. Melvin Gous sal opnuut as navigator langs hom in sy Volkswagen Polo stelling inneem.
Martin het ook al verskeie kere in Suid-Afrika deelgeneem en goed gevaar. Vanjaar het hulle die Swakopmund- en Walvisbaai-byeenkomste gewen en in Gobabis tweede algeheel geëindig.
Jaco Redelinghuys en navigator Dries Booysen
In 1999 het Redelinghuys en Booysen met ’n Toyota Liftback begin ry en in 2000 het hulle na ’n 1600 Toyota Conquest oorgeskakel. In 2004 het hulle hul deelname aan tydrenne gestaak, maar in 2013 het hulle weer met ’n 1600 Toyota RunX begin jaag en met die 2014-seisoen het die span na ’n Toyota RunX S2000 4x4 oorgeskakel.
Met die 2016 Gobabis-byeenkoms (algeheel tweede) het die span gewys dat hulle teen die bestes kan kers vashou.
Hanré Myburgh en navigator Geon Ellis
Die 43-jarige Myburgh en Ellis (41) span al die afgelope sewe jaar saam.
“Ons eerste tydren was die 2010 Shell V-Power-tydren by Swakopmund wat ons in ’n Toyota Tazz aangepak het. In 2013 was ons die algehele wenners in die S2-klas en verlede jaar het ons dieselfde in ’n VW Polo vermag.
“’n Goeie herinnering is die 2012 Tara wat ons vir die eerste keer ná drie probeerslae kon klaarmaak. Ons was ook die enigste voorwielaangedrewe voertuig wat dié sukses kon behaal,” sê Myburgh.
Stefan Labuschagne en navigator Christiaan Labuschagne
“Ons het in 2014 vir die eerste keer in die S2-klas gejaag, maar met ons volgende tydren gaan ons die S4-klas met ’n V8 4x4-Landrover aandurf,” sê die broers.
Die Labuschagnes het in vanjaar se Gobabis-tydren Klas 4 oorheers.
Jannie Coetzee en navigator George Coetzee
Jannie Coetzee en sy ouboet George het in 2013 met ’n Ford Focus begin jaag. In hul eerste wedren was hulle algeheel in negende plek, asook tweede posisie in hul klas. Hierna het hulle klomp kere nie klaargemaak nie – met elke wedren het iets aan hul Fordjie gebreek.
In Desember 2015 het die Coetzee-span ’n VW Polo gekoop waarmee hulle tans deelneem. Vanjaar was tot nou redelik suksesvol en het hulle elke wedren klaargemaak en ook eerste in hul klas én algeheel eerste geëindig.
“Dis met groot opgewondenheid dat ons elke wedren met durf aanpak en ons glo dat dit goed sal uitwerk,” sê die Coetzee-span.
Die twee het by die Gobabis-tydren hul klas gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie