Tara ry ondanks hofsaak
Laat vandag het tydrenjaer Wilro Dippenaar se regspan daarin geslaag om sy deelname by die Tara-tydren te verseker ondanks ‘n skorsing deur die sport se federasie.
In Namibiese tydrensport loop die gemoedere vanaand hoog.
Volgens bronne het die regter wat die saak in die hoërhof aangehoor het, bevind dat Dippenaar se beweerde wangedrag tydens ‘n tydren in Tsumeb nie ernstig genoeg is om hom van deelname te weerhou nie. Die hof het ook bevind dat borge van die tydren nie ‘n span wat wil deelneem mag gyselaar hou nie.
Deelnemers moet môreoggend vanaf 08:00 by die Tony Rust-renbaan aanmeld sodat beamptes hul motors kan inspekteer. Na verwagting kan vonke spat.
Die federasie het Dippenaar na wat verneem word vir sewe wedrenne geskors nadat hy by die Tsumeb-tydren glo in woede ‘n waterbottel na ‘n deelnemer se motor geslinger het. Die projektiel het daarna ‘n beampte getref.
Die skorsing was glo die besluit deur ‘n sportliggaam wat sy beeld baie meer ernstig moet beskerm nadat Total as die jarelange hoofborg van die legendariese Tara weens verlede jaar se drama by die tydren gesê het hulle onttrek hul reuseborgskap.
Saam met die Windhoek Motor Club (WMC) het ander borge vanjaar besluit om die legende aan die lewe te hou. Dit was totdat die hofsaak ‘n dag voor die wegspring alle planne terug in die balans geplaas het.
Uit binnekringe in die WMC is ten sterkste ontken dat Richard Slamet, wat intussen voorsitter van die klub geword het, glo agter alles sit omdat hy ‘n mes vir Dippenaar in het.
Borge van die tydren, asook borge van deelnemende spanne, het kapsie teen Dippenaar se deelname gemaak weens sy skorsing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie