Tartanbaan in sy peetjie gery
Voertuie van die NDF het die nasionale atletiekbaan lelik verniel.
Tielman van Lill
Die atletiekbaan by die Onafhanklikheidstadion in Olympia, 'n nasionale bate wat streng gesproke aan die belastingbetaler behoort, word soos soveel ander staatseiendom in die land verwaarloos.
Die atletiekbaan is verlede week opnuut deur ondeurdagte misbruik beskadig, nadat private skole verlede jaar saamgespan het om herstelwerk aan die ergste beskadigde dele te laat doen.
Ontevrede atlete was geskok toe hulle die toestand van die baan sien nadat die NDF (Namibiese weermag) verlede Woensdag die stadion vir die amptelike magsoordragseremonie gebruik het. Mense wat by die seremonie was, sê voertuie het ongehinderd oor die reeds verouderde baan gery.
Die tartanoppervlak is blykbaar laas in 1995 vervang en is dus op plekke 25 jaar oud. Die lewensduur van tartan is net tien jaar en moet as sulks ná 'n dekade in geheel vervang word.
Volgens bronne was bitter min mense buite die weermag van die seremonie ingelig. Die baan was reeds die vorige Vrydag ontoeganklik vir atlete om daar te oefen.
Selfs die personeel van die Namibiese Skolesportunie (NSSU), wie se kantore in die stadion geleë is, was nie oor die besetting ingelig nie en kon nie gaan werk nie, sê 'n bron.
“Toe ons laas Vrydag wou gaan skoonmaak, was die baan beset deur die weermag en niemand is in kennis gestel nie. Nie eens die NSSU-personeeel kon in hul kantore kom nie.
“Die stadion en baan is in 'n haglike toestand. Die mense wat reeds vir 15 jaar aangestel is om die stadion te versorg, doen dit eenvoudig nie.
“Ons privaat mense is bereid om die baan op eie koste te versorg, maar dit word nie toegelaat nie. Die water en elektrisiteit word nie betaal nie, dan word die dienste deur die munisipaliteit opgeskort.
SKANDALIGE TOESTAND
“Van Maart af het water vir sewe maande uit die toilette gestroom. Die saak is herhaaldelik aangemeld, maar is eers in September herstel! Wanneer die krag af is, kan die gras nie natgemaak word nie. Wanneer die gras wel water kry, word dit nie gesny nie en die rooimiere asook duwweltjies neem oor.
“Die rooimiere is 'n plaag in Olympia en moet beheer word. In die agterste pylvlak by die 200-metermerk kan atlete nie waag om stil te staan nie, want dan val die miere hulle aan. Dit gaan al vir jare so aan en hieraan word ook niks gedoen nie.
“Die besproeiingstelsel wat in 2010 geïnstalleer is, is ook vrot en dit word ook nie reggemaak nie.
“Private funksies soos troues en musiekfeeste word in die stadion aangebied. Die organiseerders het geen benul wat 'n tartanbaan is nie.
“Soms word selfs gate in die baan gekap en as water eers onder die oppervlak insypel, is dit koebaai, want dan begin die tartan loskom en oplig.
“Dit is 'n skande dat 'n nasionale bate in so 'n toestand moet wees,” het die bron aan Republikein gesê.
Navrae rakende die skade, koste en verantwoordelikheid van herstel is gister deur die koerant aan die NDF, minister van verdediging asook ministerie van sport, jeug en nasionale diens gestuur.
'n Antwoord is wel van minister Peter Hafeni Vilho, minister van verdediging en veteranesake, ontvang.
“That's a very difficult question. All I can say, is that whoever is responsible for the maintenance of the stadium should approach the office of the ED (uitvoerende direkteur), so we can get to the bottom of it. Suffice to say that it's not the first time that the NDF vehicles have used the tartan track.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie