Tata Madiba deur die ou00eb van sy personeel
Tata Madiba deur die ou00eb van sy personeel

Tata Madiba deur die oë van sy personeel

Hy was net ’n mens en het die kuns van menslikheid uitgestraal.

So sê Sahm Venter en Vimla Naidoo, samestellers van I Remember Nelson Mandela,’n nuwe boek oor oudpres. Nelson Mandela, wat gisteraand in Kaapstad bekend gestel is.

Die boek is geskryf deur vorige werkers van die oudpresident tydens sy termyn as staatshoof tot met sy afsterwe. Meer as 100 persoonlike staaltjies, stories, waarnemings en herinneringe is vervat.

Veiligheidswagte, drywers, assistente, kokke, skoonmakers tot versorgers, wat elke dag in nabyheid met dié ikoon geleef het, vertel hoe hy altyd almal eerste as mens gesien het.

“Hy was so besorg oor sy personeel dat hy self Kupido gespeel het onder hulle,” het Sahm Venter gesê.

Die vertellings gee lesers ’n kykie in die lewe van Madiba soos nog nooit vantevore nie. Dit beeld hom uit as mens, vader en ‘stoute president’ wat graag veiligheidsprosedure oortree het om sy mense te groet.

Sy kleindogter, Ndileka Mandela, het ook die geleentheid meegemaak en vertel hoe sterk, sjarmant en eenvoudig haar geliefde oupa was.

“Sy teenwoordigheid het almal in die familie kalmeer. En sy humorsin was ongeëwenaar,” het sy gesê.

Sy meen toekomstige generasies kan nou deur die boek haar oupa persoonlik en menslik ervaar.

“Dis tog wie hy was. Die man wat altyd ’n kam in sy hempsak gedra het.”

I Remember Nelson Mandela, is geskryf in ’n styl wat toeganklik en persoonlik is.

“Ons wou niemand vervreem of uitsluit nie,” sê Venter.

Die boek is ontwikkel uit ’n idee van oudpresident Mandela se vrou, Graça Machel. Sy het twee maande na die begrafnis ’n teepartytjie gereël om al Madiba se werkers te bedank vir hul onvoorwaardelike diens aan hom. Dis by die einste geleentheid waar werkers sy heengaan betreur het in stories, grappies en persoonlike herinneringe. Sy het ook die voorwoord van die boek geskryf.

Werk aan die boek het sowat ’n jaar en half geneem. En tog is nie almal se stories daarin nie.

“Nie almal kon met tydsbeperkings en woordtelling hul bydrae lewer nie. Ander wou hul herinneringe hou vir ’n later stadium,” sê Venter.

Nie een van die werkers wie se bydrae in die boek opgeneem is, word betaal nie. Al die geld van verkope word aan die Nelson Mandela-stigting geskenk.

Venter glo Madiba se erfenis is eintlik dat hy altyd mens was en dat dít ’n besonderse voorbeeld is vir almal. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A