Tatoosh gooi anker in Walvisbaai-hawe
Tatoosh gooi anker in Walvisbaai-hawe

Tatoosh gooi anker in Walvisbaai-hawe

Multi-miljardêr ''dalk'' iewers in Namibië op vakansie
Estelle de Bruyn
Otis Finck op Walvisbaai - Die Tatoosh, die superseiljag wat deur die multi-miljardêr, medestigter van Microsoft en een van die wêreld se 50 rykste mense, Paul Allen, besit word, het gister in Walvisbaai aangekom.
Die seiljag het om 10:00 in die hawe ingevaar en by ankerplek nommer agt vasgemeer. Die Tatoosh sal volgens NamPort se hawe-logboek daar bly totdat Saterdag om 12:00 weer vertrek.
Marius Voigh van Ocean Liner Services, die skeepsagent verantwoordelik vir die vaartuig, het bevestig dat die Tatoosh van Rio da Janeiro in Brasilië af gevaar het, waar die eienaar waarskynlik die Olimpiese Spele bygewoon het.
“Ek het nie vir Allen aan boord raakgeloop nie, so ek kan nie vir seker sê of hy in die omgewing is nie. Daar is egter sprake dat hy hier op vakansie kan wees en die Etosha Nasionale Park as deel van sy ekskursie na Namibië kon besoek het. Die feit dat hy ons land gekies het, wys dat Namibië op die kaart is en wêreldwyd as ‘n gewilde bestemming beskou word. Dit beteken inderdaad baie vir die hawe van Walvisbaai,” het hy gesê.
Forbes het in Maart 2010 beraam Allen se rykdom beloop US$13,5 miljard en hy is in 2007 en 2008 deur Time Magazine as een van die 100 mees invloedryke mense ter wêreld geïdentifiseer.
Hy het die Tatoosh in 2001 teen ‘n koste van US$100 miljoen aangeskaf, is destyds berig. Fraser Yachts het in Mei 2010 die seiljag vir €125 miljoen te koop aangebied, maar dit is in 2014 onttrek omdat geen kopers gevind kon word nie.
Die Tatoosh het die hawe van Walvisbaai ses jaar gelede ook aangedoen. Die 303 voet (92,38 meter) lange seiljag kan 24 gaste en 35 bemanningslede akkommodeer. Daar is 12 dubbelkajuite en die eienaar se staatskamers asook twee kajuite vir personeel. Benewens ‘n rolprentteater het die jag ook ‘n swembad en twee landingstroke vir helikopters aan boord.
Die vaartuig word deur twee Deutz-enjins aangedryf wat die Tatoosh in staat stel om teen ‘n spoed van 15 knope te vaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!