Tattersall, taaiste van die taaies
“Dit was 'n doelwit om te wen, maar ek weet nie of ek dit ooit weer sal aanpak nie,” sê hy.
Andrew Poolman - 'n Windhoekse bergfietsryer spog met die individuele triomf in die 2018 Freedom Challenge Race Across South Africa wat elke Junie-Julie oor 'n ondenkbare 2 300 kilometer beslis word.
Jacques Tattersall het Saterdag ná 12 dae, drie ure en 40 minute in die eerste posisie die eindstreep op 'n plaas naby Wellington in die Wes-Kaap bereik.
Die unieke, aaneenlopende soloresies het in Pietermaritzburg begin, met elke ryer wat vir sy eie navigasie verantwoordelik is en daar word dus nie aan 'n ryer voorgeskryf wanneer hy moet stop, of hoe ver hy gedurende sy dag- of nagskof wil ry nie.
Ryers word die spertyd van 26 dae toegelaat om die afstand te voltooi, maar vir sy vierde deelname het Tattersall die mikpunt gestel om te wen.
Tattersall en sy vrou Wanda is intussen terug in Windhoek, maar sal na Wellington terugkeer vir die prysuitdelingseremonie. Ander Namibiërs soos Kobus Hamilton, Leonard le Roux en Pierre le Roux wat minder gejaagd gery het, sal na verwagting ook vandag klaarmaak.
“Navigasie en kennis van die roete is baie belangrik as jy wil wen; om deur die Karoo se grondpaaie jou pad te vind. Dit is waar die vorige ondervinding my gehelp het,” sê Tattersall, wat reeds ná die eerste paar dae 'n voorsprong van etlike ure op sy ander uitdagers opgebou het.
Elke ryer moet selfversorgend wees en al sy persoonlike benodigdhede saam karwei, met geen hulp van vriende of familie wat toegelaat word nie. Navigasie mag net met kaarte, kompas of mondelingse verduideliking gedoen word en enige deelnemer met 'n GPS word gediskwalifiseer.
Die verpligte kontrolepunte is sowat 80 to 100 kilometer uitmekaar op die roete, waar kos en verblyf ook beskikbaar is.
Die roete deur die agterpaadjies van KwaZulu-Natal en die Kaapprovinsie wissel van grondpaaie, plaaspaaie, voetpaaie en dierespore. Op vele dele moes ryers eenvoudig hul fietse stoot of selfs dra.
Tussendeur moet ryers maar voorbereid wees om temperature tussen 32 grade Celsius bedags tot minus 15 snags te trotseer. Onvoorspelbare weersomstandighede en skofte deur gebiede sonder selfoonopvangs is ook deel van die pakket.
Die hoogste punt op die roete is 2700 meter bo seespieël en volgens die amptelike webblad is die gesamentlike opdraand meer as 37 000 meter.
“Die gebrek aan slaap was vir my die ergste. Die een dag voel jy in die wolke en gesond, maar die volgende dag is jy so pap en dit bly vir ure so. Dit is eenvoudig die meeste hoogte- en laagtepunte wat jy ooit sal beleef,” het Tattersall ná dag nege vertel.
“Jy is blootgestel aan die elemente en emosioneel raak jy totaal uitgeput. Daar is kere dat ek wakker word en besef ek het nie eens twee ure geslaap nie en daar is 'n 18-uur dag wat voor jou lê.
“Dit kos selfdissipline om so min te slaap en so aaneen te ry. Elke ryer se vordering word elektronies aangedui, dus kan almal op die webblad sien waar jy en jou uitdagers is, en of hulle op hierdie oomblik ry of slaap.
“Ek het in die twaalf dae seker twee keer my wasgoed laat doen. Die uitdaging is ekstreem, maar een wat ek nog altyd wou doen. Ek weet nie of ek ooit weer so ernstig sal gaan om te wen nie,” het hy gister gesê.
Tattersall vertel dat hy op een van die laaste dae sy fiets vir ses tot agt ure deur 'n moeilike vallei gedra het, te midde van swaar reën en wind.
“Ek het 'n topklas reënjas gehad, maar ná vyf ure het ek nogtans natgereën en hipotermie begin opdoen. Gelukkig het ek geweet die man agter my sal nooit in die reën en donker deur daai vallei kom nie, en dus kon ek by die volgende berghut 'n kombers gaan kry en veilig vir twaalf ure lê en slaap.”
Ewe uniek van die Freedom Challenge Race Across South Africa is dat deelnemers geensins met prysgeld of trofeë beloon word nie. Voltooiers van die volle afstand kry 'n kombers – waarvan Tattersall ook in 2015, 2016 en 2017 sy weergawes verdien het.
Die mansrekord is in 2017 deur Martin Dreyer opgestel (tien dae 6 ure 40 minute).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie