Taxi- en busprysverhogings onwettig
Taxi- en busprysverhogings onwettig

Taxi- en busprysverhogings onwettig

Augetto Graig
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, sê die ministerie het geen prysverhogings vir taxi- of bustariewe goedgekeur nie.
Hy sê ’n volledige verklaring sal uitgereik word.
Dit is in reaksie tot die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) se besluit om gedurende die Covid-19-inperking sy lede toestemming te gee om tariewe vir openbare vervoer verder as 500 km met N$100 te verhoog.
Volgens Nabta se sekretaris-generaal, mnr. Pendapala Nakathingo, het die vereniging reeds op 30 Maart die ministerie ingelig van die ekonomiese tol wat die bekamping van Covid-19 en gevolglike maatreëls op die aantal passasiers wat op ’n keer vervoer mag word, het.
Sonder terugvoering, sê hy, het Nabta sy lede toestemming gegee om met die verhoging voort te gaan.
Die ministerie se woordvoerder, mnr. Julius Ngweda, sê dit is onwettig.
Die regering vereis dat operateurs die vervoerraad om goedkeuring nader vir enige verhoging bo 10%, soos die betrokke regulasies stipuleer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!