Taxibestuurder glo deur weermaglid doodgeskiet
‘n Taxibestuurder is vroeg vanoggend tydens Operasie Kalahariwoestyn in die Greenwell Matongo-nedersetting in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad doodgeskiet.
Volgens ‘n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het lede van die operasie omstreeks 01:00 ‘n mini-mobiele padblokkade in Monicastraat in dié informele nedersetting opgestel.
“Toe ‘n taxi by die padblokkade aankom, het dit glo ‘n U-draai gemaak en weggejaag. ‘n Weermaglid wat saam ‘n ‘n polisielid was, het glo ‘n skoot uit sy AK 47-geweer in die rigting van die taxi afgevuur,” het Shikwambi gesê.
“Die koeël het deur die kattebak van die taxi gegaan en die taxibestuurder in sy kop getref. Hy het op die toneel gesterf.”
Volgens Shikwambi was die oorledene alleen in die voertuig.
Hy is nog nie geïdentifiseer nie.
Die verdagte (38) wat by die Luiperdvallei militêre basis gestasioneer is, is in hegtenis geneem.
Volgens Shikwambi sal hy van moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen aangekla word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie