Taxidrywer vas oor N$21 000 se boetes
Taxidrywer vas oor N$21 000 se boetes

Taxidrywer vas oor N$21 000 se boetes

Die Windhoekse stadspolisie gaan voortaan géén genade aan motoriste met uitstaande verkeersboetes toon nie.
Denver Kisting
Denver Kisting



'n Taxibestuurder is agter tralies nadat die stadspolisie hom eergisteraand weens uitstaande verkeersboetes ten bedrae van N$21 000 aangekeer het.

Volgens 'n woordvoerder van die Windhoekse stadspolisie, konst. Edmund Khoaseb, hou dié bedrag verband met 19 lasbriewe vir die man se inhegtenisneming.

Khoaseb sê hulle is opnuut besig met 'n operasie om uitstaande boetes in te vorder en lasbriewe te beteken.

Dié veldtog is veral op spoedverwante verkeersoortredings gemik, het hy gesê.

Hy beklemtoon die stadspolisie het die verantwoordelikheid om as wetstoepasser die besluite­ van die howe in dié verband in werking te stel.

Die afgelope naweek is 27 lasbriewe op 15 mense beteken wat almal toe in hegtenis geneem is, het hy gister gesê. Dit beteken daar is motoriste op wie meer as een lasbrief wag, het hy gesê.

Khoaseb het gesê die stadspolisie gaan dag én nag werk om motoriste aan die pen te laat ry.

Gisteroggend alleen is meer as 11 mense in die hoofstad aangekeer, terwyl ses die vorige aand agter tralies beland het, het Khoaseb gesê.

Op 'n vraag oor die impak van uitstaande boetes op die afhaal van motorlisensies, het die woordvoerder gesê daardie stelsels is nog nie verbind nie.

“Maar ons beplan om dit te doen.”

Khoaseb het alle motoriste wat moontlik vergeet het of onbewus is van uitstaande verkeersboetes en gepaardgaande lasbriewe vir inhegtenisneming aangeraai om met hulle in verbinding te tree en hulself daarvan te vergewis.

Hulle behartig geen afbetalingsreëlings nie en motoriste moet self seker maak dat hulle die boetes gaan betaal. “As ons jou vang, word jy toegesluit.”

Indien mense dít nie doen nie is die tjoekie hul voorland, het hy gewaarsku.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!