Taxidrywers kom studente, bejaardes tegemoet
Die vakbond vir taxibestuurder het op die prysverlaging vir studente, skoliere en bejaardes ooreengekom.
Augetto Graig – Die vakbond vir taxi-bestuurders het met studente-organisasies van Namibiese universiteite en hoëronderwysinstansies ooreengekom dat studente, skoolgaande leerders en pensioenarise minder vir hul openbare vervoer kan betaal.
Spesifiek hoef leerlinge in skooldrag gedurende hul daaglikse reis na en van die skool, universiteitstudente wat daagliks kampus toe en terug reis, asook bejaardes vanaf 1 Julie ten alle tye net N$10 per rit te betaal.
Dubbelafstande sal hulle N$20 kos, teenoor N$28 vir ander passasiers.
Die Namibia Transport and Taxi Union (NTTU) se president, mnr. Werner Januarie het hierdie aankondiging gister saam met studenteleiers van die Universiteit van Namibië (Unam), Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), International University of Management (IUM), Triumphant College, Monitronic Success College, Welwitchia College en die Student Union of Namibia (SUN) gemaak.
Die SUN se sekretaris-generaal, mnr. Bernhard Kavau, het dit ’n “rewolusionêre ooreenkoms” genoem.
Januarie sê: “As ’n taxi-vakbond begryp ons die lot van studente, skoliere en senior burgers.
“Ons glo ons moet die jongelinge beskerm vir ’n beter toekoms en gelyk hieraan moet ons senior burgers met hoër waardigheid, respek en eer behandel omdat hulle die pad deur ons vryheidstryd gebaan het tot by die onafhanklikheid wat ons vandag geniet. Senior burges het reeds ’n goeie 60 jaar bygedra tot die bou van die nasie deur belasting aan die regering te betaal.”
Sy vakbond het “patrioties” die belange van die nasie ter harte geneem en sal die prysvermindering toepas tot die einde van die Covid-19-verwante noodtoestand in die land, sê hy.
Volgens mnr. Ginola Nauseb, president van Unam se studenteverteenwoordiging, betaal studente by die hoofkampus in Windhoek maklik N$42 per dag om heen en weer te reis, dikwels N$210 per week en die meeste maande N$4 200 net om teen bestaande pryse by hul studielokale te kom.
By dieselfde geleentheid het me. Ndapewa Ampweya, Triumphant College se SRC-president, die kwessie van studenteveiligheid in verband met taxi-reise uitgelig.
“As studente bemerk ons ’n toename in rooftogte wat binne taxi’s gebeur. Ons doen ’n beroep op taxidrywers om simpatiek teenoor studente en senior burgers te wees. Ons herinner taxi-voertuie daaraan om sigbare nommers vir maklike identifiseering te hê.
“Ons versoek studente, skoliere en gemeenskappe om slegs duidelik gemerkte taxi’s in dorpe te gebruik, eerder as om in ongeregistreerde privaat voertuie te reis.
“Ons versoek die betrokkenheid van die polisie om te verseker slegs geregistreerde taxi’s werk in die bedryf en om nie privaat voertuie toe te laat nie,” het sy gesê.
Kavau het ook die studente se steun aan die NTTU se veldtog vir ’n nuwe openbare vervoerwet verklaar.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het in Februarie vanjaar gesê hierdie wetsontwerp is reeds in beginsel deur die kabinet goedgekeur om die huidige wet van 1977 te vervang.
Die studente versoek dat die wetsontwerp teen einde Julie deur die kabinetskomitee vir wetgewing voltooi word vir tertafelleging voor die parlement voor die einde van vanjaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie