Taxipryse moet bly, sê NTTU
Die vakbondleier doen ’n beroep op massa-aksie deur alle openbare vervoeroperateurs om ook trokdrywers te ondersteun.
Augetto Graig – Die taxivakbond Namibia Transport and Taxi Union (NTTU) se president, mnr. Werner Januarie, sê taxipryse moet nie met die einde van die nasionale inperking daal nie, of dan net met 5% tot N$13,20 per rit.
Die prys per rit in die hoofstad is gedurende die Covid-19-verwante inperking amptelik met 15% tot N$13,80 verhoog, hoewel passasiers oor die algemeen deesdae N$14 betaal.
Januarie sê sy vakband het reeds in 2018 vir ’n 10% verhoging gevra, en dit moet nou by die ou prys van N$12 bygetel word om by die nuwe bedrag te kom.
Hy verwys na bestaande toepaslike wetgewing wat bepaal ’n 10% of minder verhoging is toelaatbaar kort ná enige petrolprysverhoging, sonder dat toestemming daarvoor deur die ministerie van werke en vervoer of hul padvervoerraad nodig is, mits kennis van die verhoging vroegtydig gegee word.
Januarie doen in dieselfde asem ’n beroep op lorriebestuurders om hom te benader vir hulp in terme van hul werksomstandighede wat weens die inperking en die nasionale noodtoestand erg verswak het. Die taxi-vakbondleier sê werksomstandighede, insluitend verlenging van werksure, kan nie sonder konsultasie met trokdrywers en hul vakbondverteenwoordigers wetlik verander word nie.
Volgens Januarie kan werknemers in die lorriebestuur bedryf hul toestemming en samewerking weerhou om beter omstandighede te eis.
“Ek is geheel en al verbind tot taxibestuurders en die openbare vervoerbedryf, maar ek kan nie stilstaan terwyl ons broers ly nie, nadat hulle verskeie organisasies tevergeefs om hulp genader het. Dus gee ek hulle en hul vakbonde rigting en advies,” sê Januarie.
“Ek beplan om alle trokdrywers, sewesitplek sedanbestuurders, pendeldrywers en taxibestuurders aan te raai om massa-aksie in solidariteit met mekaar op te neem,” sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie