Taxi's min met Covid gepla
Taxi's min met Covid gepla

Taxi's min met Covid gepla

Gesondheid
Andrew Poolman
Windhoek se taxi's toon geen eenvormige gedrag as dit kom by die voorkoming van die verspreiding van die coronavirus nie.

Sommige van die hoofstad se taxibestuurders neem die stand van Covid-19 in Namibië wel ernstig op, soos mnr. Esle Shimweefeleni, wat daarop aandring dat sy kliënte deurgaans hul maskers dra.

”Almal moet 'n masker dra,” sê hy. “Daai een is nie grappies nie. Jy moet jou masker dra.”

Shimweefeleni maak ook seker daar is handreiniger in sy voertuig en bied dit vriendelik aan vir enige passasier wat daarvoor vra.

Ander drywers is egter nie so toegewy aan hul eie en die publiek se gesondheid nie. Een, wat nie genoem wou word nie, ry sommer met sy masker gehang oor die flikkerligaanwyser se hefboom, net vir ingeval hy en die owerhede mekaar gewaar. Daar is ook geen handreiniger in sy voertuig nie.

“Moenie vrees nie, gee jou lewe oor aan die Here,” sê hy. “Ons is almal net vir 'n tyd hier, net vir vandag, en as dit jou tyd is, dan gaan jy.”

By taxi-staanplekke in die hoofstad is daar baie kompetisie vir kliënte, maar min aandag word aan Covid-voorkoming gegee. Talle drywers dra hul masker onder die ken vir vinnige toemaak as dit nodig is.

Sosiale afstandhouding is maar terloops en kliente word gelaai of hulle maskers dra of selfs het, of nie. Handreiniging word selde gesien, tensy dit by die ingang van 'n inkoopsentrum of 'n winkel is. Pendelaars moet maar self verantwoordelikheid neem vir hul maskers, handreiniging en afstandhouding waar moontlik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!