Taxi's ruk op in hoofstad
Augetto Graig - Die Namibiese Vervoer- en Taxi-vakbond (NTTU) het gister in Windhoek betoog.
'n Optog is van Eveline Court in Greenwell Mutongo gelei tot by die ministerie van werke en vervoer om hul besware oor hoë verkeersboetes en ? tekort aan taxi-oplaaipunte te opper.
Volgens die NTTU-president, mnr. Werner Januarie, was die optog suksesvol, ten spyte van die beperkinge wat deur die Namibiese polisie gestel is op die getal vakbondlede wat daaraan kon deelneem. Net 30 is toegelaat om tot by die ministerie te ry terwyl die res van meer as 200 taxibestuurders by die vergaderplek in Donkerhoek gewag het. Die polisie het die betogers begelei tot by die ministerie waar hulle met die adjunkdirekteur van vervoerbeleid en gehaltebeheer, mnr. Damien Mabengano, gepraat het. Mabengano het weer saam met hulle Donkerhoek toe gegaan om met die res van die lede te gesels, ook onder polisiebegeleiding.
Volgens Januarie het Mabengano hul ingelig oor die bekendstelling van nuwe vervoerregulasies wat op 21 Julie sal plaasvind. Die taxibestuurders het regverdigheidshalwe ingestem om tot dan te wag en die regering se plan te hoor voordat hulle enige verdere stappe doen, sê Januarie.
Volgens hom was die ondersteuning van taxibestuurders oorweldigend, ten spyte van die feit dat ander taxibestuurders steeds soos normaalweg gisteroggend in die stad diens gelewer het. “Die steun was oorweldig en meer as genoeg om die regering te oortuig dat van sy wette ons negatief affekteer,” sê hy.
Die protesaksie kom terwyl die hoof van die Namibiese polisie laasweek ? verbod op openbare protesaksies in die hoofstad vir die duur van dié week geplaas het. Lt.genl. Sebastian Ndeitunga het Donderdag ? verbod geplaas op die hou van openbare optogte in Windhoek tussen 13 en 18 Junie.
Hy het toe gesê dit “word genoodsaak deur sekuriteitsoorwegings aangesien talle internasionale geleenthede gedurende hierdie tydperk in Windhoek plaasvind”. Benewens die sowat 350 parlementariërs vanuit Europa, Afrika en die Stille Oseaan-gebied wat tans op amptelike besoek in Windhoek is, land die president van Indië, mnr. Pranab Mukherjee, ook vanaand.
Januarie sê die verbod was niks meer as ? manier om mense af te skrik wat nie die land se wette ken nie. “Die is ? demokratiese land en niks kan ons keer as ons by die wette hou nie. Ons ken die wet, so ons gaan voort. As hulle ons wou stop, sou dit net met ? hofinterdik gewerk het,” sê Januarie.
Polisiewoordvoerder adj.komm. Edwin Kanguatjivi sê verlede week se aankondiging is moontlik uit verband geruk. Dit was glo net oor beperkings eerder as ? totale verbod op openbare protesaksies. “Daar is baie belangrike gebeure die week waar die polisie teenwoordig moet wees. Dus vra ons vir samewerking en dat moontlike betogers gesamentlik met die polisie beplan en konsulteer,” sê hy.
Alhoewel sekere dele van Windhoek - spesiek naby die parlement waar dit afgebaken sal wees - glad nie beskikbaar sal wees vir protesaksie nie, kon Kanguatjivi nie onmiddellik ? lys van die geen-toegang-gebiede verskaf nie.
Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) beplan ? massa-optog môre in die hoofstad om teen die bou van ? nuwe parlement ten koste van N$2,4 miljard beswaar te maak.
Onderwysers is ook versoek om môre hul ontevredenheid te toon omdat 16 Junie, die Dag van die Afrikakind, nie meer ? skoolvakansiedag is nie. Die onderwysersvakbond, Nantu, het Maandag sy lede aanbeveel om nie môre te gaan werk nie.
Meer as 500 strydkinders wag ook op die Ndilimani-plaas by Brakwater om die stad in te vaar as leiers van die regerende Swapo-party hulle nie antwoord oor werksgeleenthede-kwessies nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie