Taxitariewe: Wag eers met verhogings
Taxitariewe: Wag eers met verhogings

Taxitariewe: Wag eers met verhogings

Die minister van werke en vervoer het taxidrywers versoek om nie eie reg te gebruik nie.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, sê taxidrywers moet wag op die Padvervoerraad se besluit voordat hulle verhoogde taxitariewe vra.

Hy sê sy kantoor het onlangs aansoeke van drie vakbonde vir dié verhogings ontvang. Die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) het vir 'n 20%-verhoging gevra en die Namibiese Openbare Passasiervervoervereniging (NPPTA) 'n 10%-verhoging. Albei verteenwoordig eienaars van taxi-ondernemings. Die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), wat taxidrywers verteenwoordig, dring aan op 50%.

Mutorwa sê sake met betrekking tot openbare vervoer word in Namibië volgens die Wet op Padvervoer, Wet No. 74 van 1977, gereguleer. Die NTTU se president, mnr. Werner Januarie, sê egter dié wet is verouderd, ongrondwetlik en dus onwettig.

Volgens Mutorwa het die Padvervoerraad, wat ingevolge afdeling 4 van die wet ingestel is, alleenreg op goedkeuring van prysverhogings. Die wet beperk verhogings tot 10% op 'n slag, en koppel goedkeurings aan die brandstofprys. Die raad reik ook taxipermitte uit.

Die minister het vroeër gesê taxi-ondernemings wat nie goedgekeurde tariewe vra nie, kan hul permitte verloor.

Me. Hileni Fillemon, woordvoerder vir die Paaieowerheid waaronder die Padvervoerraad val, het gesê die raad bestaan uit mnr. Percy McNally, voorsitter, en die lede mnre. Elmo Kaiyamo en Clarence Rupengena.

“Die raad sit vir twee vergaderings per maand en ook wanneer dringende aansoeke aandag vereis,” het sy gesê.

Fillemon het bevestig dat die raad die kwessie bespreek het, maar “geen besluit is nog oor tariefverhogings geneem nie” en is onderhewig aan assesserings en konsultasies wat tans gedoen word.

“Die finale besluit sal aan alle belanghebbers gekommunikeer word, asook die datum van toepassing.”

Volgens Mutorwa sal talle ekonomiese faktore in ag geneem word om 'n balans te skep wat alle belanghebbers tevrede sal stel.

“Die proses rakende tariefverhogings is aan die gang; dus bly taxitariewe in die stadium onveranderd. In die lig daarvan doen ek 'n beroep op die publiek om kalm te bly. Terselfdertyd versoek ek taxi-operateurs en -drywers om nie tariewe te vra wat nie deur die Padvervoerraad goedgekeur is soos wetlik vereis nie.

“Ek versoek ook ons wetstoepassingagentskappe om die wet te help handhaaf deur te verseker operateurs en taxidrywers voldoen aan al die vereistes ingevolge hul permitte. Enige oortreding van die wet is 'n misdryf en niemand moet eiemagtig optree nie,” het Mutorwa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!