TB-sterftes kan met duisende styg
TB-sterftes kan met duisende styg

TB-sterftes kan met duisende styg

Die vooruitgang wat met behandeling en voorkoming gemaak is, word deur die wêreldwye Covid-19-pandemie gekortwiek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Wêreldwyd is ’n beraamde 10 miljoen mense in 2019 met tuberkulose (TB) gediagnoseer, ’n koers wat baie stadig die afgelope paar jaar afgeneem het.

In dieselfde jaar is sowat 1,2 miljoen TB-sterftes onder MIV-positiewe mense aangeteken, ’n afname teenoor die 1,7 miljoen in 2000. Mans is 56% van die mense wat in TB verlede jaar ontwikkel, gevolg deur vroue met 32%.

Die vooruitgang wat met die behandeling en voorkoming van die siekte gemaak is, word egter deur die wêreldwye Covid-19-pandemie gekortwiek, met globale TB-sterftes wat vanjaar met tot 400 000 kan styg.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se nuutste TB-verslag is laasgenoemde beraming gebaseer op ’n aanname dat die omvang van mense met TB wat gediagnoseer en behandel word oor ’n tydperk tussen 25% en 50% daal. In buurland Suid-Afrika, Indië, Indonesië en die Filippyne, vier lande wat gesamentlik 44% van die wêreld se TB-gevalle het, is reusedalings reeds aangeteken in die aantal mense wat tussen Januarie en Junie vanjaar met die siekte gediagnoseer is.

Die verslag voorspel die TB-pandemie sal minstens twee sleutelbepalers van die ekonomie raak, naamlik die bruto binnelandse produk (BBP) per capita en ondervoeding. Voorspellings is ook dat die aantal mense wat met TB gediagnoseer gaan word met meer as ’n miljoen per jaar tot 2025 kan vermeerder.

“Die impak op lewensmiddele weens ’n verlies aan inkomste en werkloosheid kan ook die persentasie verhoog van mense met TB en hul huishoudings wat katastrofiese koste in die gesig staar,” lui die verslag.

In ’n poging om die impak op noodsaaklike TB-dienste te verlig, is die uitgebreide gebruik van digitale tegnologieë vir afgeleë ondersteuning, sowel as die vermindering van die behoefte om gesondheidsgeriewe te besoek deur voorkeur aan tuisgebaseerde behandeling te gee en pasiënte ’n maand se medikasie te gee.

Die negatiewe impak op dienste sluit die hertoewysing van menslike, finansiële en ander hulpbronne van TB ná die hantering van die Covid-19-pandemie. Met betrekking tot laasgenoemde sê baie lande wat aan die opname deelgeneem het, GeneXpert-masjiene word nou eerder gebruik om vir Covid-19 te toets, terwyl personeel in nasionale TB-programme in tot 85 lande eerder vir Covid-19-verwante pligte ingespan is.

’n Beduidende aantal lande het ook die aantal gesondheidsgeriewe verminder wat verwante steun aan TB-pasiënte verskaf.

Die verslag maan middelweerstandige TB is ’n groot bedreiging tot openbare gesondheid, met meer as ’n halfmiljoen mense wêreldwyd wat verlede jaar weerstand ontwikkel het.

Hoewel die aantal TB-sterftes wêreldwyd daal, is dit nie vinnig genoeg om vanjaar se mylpaal van ’n afname van 35% tussen 2015 en 2020 te bereik nie. Die Afrikastreek waarvan Namibië deel is, het egter goeie vordering gemaak en het ’n afnamekoers van 19%. In dié streek is die las van MIV-verwante TB die hoogste en het 86% van TB-pasiënte ’n gedokumenteerde MIV-toetsuitslag. ’n Totaal van 456 426 met TB en MIV is aangemeld waarvan 88% antiretrovirale terapie ontvang. In die meeste nuwe gevalle van TB kan dit aan vyf risikofaktore toegeskryf word en wel ondervoeding, MIV, alkoholverwante afwykings, rook (veral onder mans) en diabetes.

“Gelyke toegang tot gehalte en ’n tydige diagnose, voorkoming, behandeling en sorg bly ’n uitdaging,” maan die direkteur-generaal van die WHO, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.

“Verskerpte optrede is wêreldwyd nodig as ons doelwitte teen 2022 wil bereik,” het hy gesê.

Finansiering bly ’n groot kopseer met finansiering vir die voorkoming, diagnose, behandeling en sorg wat vanjaar US$6,5 miljard beloop het, net die helfte van die teiken van US$13 miljard waarop wêreldleiers tydens die Verenigde Nasies (VN) se politieke verklaring ooreengekom het.

In die lig van die Covid-19-pandemie het lande, die burgerlike samelewing en ander vennote hande gevat om te verseker noodsaaklike dienste vir beide TB en Covid-19 word steeds gehandhaaf, sê dr. Tereza Kaseva, direkteur van die WHO se globale TB-program.

“Dié pogings is noodsaaklik om gesondheidstelsels te versterk, gesondheid vir almal te verseker en so lewens te red,” sê Kaseva.

TB is ingesluit onder doelwit 3 van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG) wat ten doel het om “die epidemies van vigs, tuberkulose, malaria en verwaarloosde tropiese siektes” teen die jaar 2030 uit te wis.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!