TB teister toenemend
'n Groep gesondheidsministers uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het verlede week in Namibië byeengekom om oor uitdagings te beraadslaag.
Denver Kisting
Dr. Bernard Haufiku, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê talle MIV-positiewe Namibiërs het ook tuberkulose (TB) onder lede.
Volgens Haufiku ly nagenoeg 36% van mense met die MI-virus ook aan TB.
TB, wat teen medikasie weerstandig is, hou die grootste gevaar in, sê hy.
“Ons moet dit verhoed,” het hy gesê.
Hy vermoed 'n gebrek aan belangstelling in TB is die olie op die vuur, het hy gesê.
“TB is regtig 'n probleem wat al lank bestaan, en ek dink dit is omdat daar nie veel belangstelling daarin is nie.”
Daarnaas, sê Haufiku, word TB as 'n siekte van armes beskou.
Dít kom ondanks die feit dat talle verpleegpersoneel en dokters ook jaarliks weerstandige TB in hospitale opdoen, sê hy.
Hiernaas, sê die gesondheidsminister, stoei die land ook steeds met die uitbreking van die dodelike hepatitis E-virus.
Haufiku het dié opmerkings laat verlede week in Windhoek gemaak.
Die Namibiese gesondheidsministerie het verteenwoordigers van sy eweknieë uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gehuisves vir samesprekings oor hoe die streek vaar in die bekamping van veral MIV/vigs en TB.
Hy het gesê 'n ander kwaal, wat die streek kwel, is cholera. Zambië beleef tans 'n uitbreking daarvan, het Haufiku gesê.
Wat MIV betref, sal SADC-lidlande hul pogings moet verskerp om die mikpunt te bereik om teen 2020 die voorkoms van die virus met 75% te laat afneem.
Die byeenkoms het onder meer ook gefokus op die inwerkingstelling van 'n streekvoedingsprogram geskoei op die jongste navorsing van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) om die gesondheid van veral ma's en babas te verbeter.
'n Ander besprekingspunt was hoe masels in die streek uitgewis kan word.
Haufiku het Donderdagmiddag gesê 20 besluite is geneem wat die weg vorentoe in dié stryd moet baan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie