Te danke aan die wind, is Lüderitz die plek om te wees

Hoër snelhede met minder wind
Gerine Hoff
Tanja Bause – In 2007 is die Lüderitz Spoeduitdaging vir die eerste keer op die tweede strandmeer buite die dorp gehou toe Sophie Routaboul en Sebastien Cattelan vir die aanbieding daarvan verantwoordelik was.
Nou, agt jaar later, is die uitdaging gewilder en groter as ooit – en dit tot ’n groot mate te danke aan ’n kanaal van sowat ’n kilometer lank wat deelnemers se staal toets.
“Met die kanaal het ons beter beheer en meer lengte. Daar is ook genoeg plek vir die deelnemers om te stop. Toe ons nog op die strandmeer gejaag het, was ons nie net van die wind afhanklik nie, maar ook van die getye. Die deelnemers het ook nie vreeslik baie plek gehad om te stop nie, dus het hulle nie voluit na nuwe rekords gestreef nie. Met die kanaal is ons net afhanklik van die wind en nie meer van ander natuurlike elemente soos getye nie,” het Rautaboul gesê.
Buiten die kanaal waar seilplankry en sweefski elke jaar vir ses weke plaasvind, is nog net twee ander sulke mens-gemaakte kanale vir die sport. Albei is in Frankryk: die Sainte Marie de la Mer-kanaal wat op die oomblik gesluit is, maar na verwagting eersdaags weer sal heropen en die Les-Salins-kanaal wat sowat twee jaar gelede geopen is. Dié is gebaseer op die Lüderitz-kanaal.
Vanjaar is daar 35 deelnemers van 13 verskillende nasionaliteite wat tot 15 November op Lüderitz gaan probeer om hul persoonlike beste tye én wêreldrekords te verbeter. Meeste deelnemers is seilplankryers.
“Lüderitz en sy wind is ideaal vir die sport en in Frankryk kan mens moeilik so ’n byeenkoms reël, want jy is nooit verseker dat die wind gaan waai nie. Op Lüderitz sal dit vanaf September tot Desember waai, en hoewel sekere dae voorkom wanneer die wind stiller is, is ons verseker dat ons ten minste een keer ? week kan kompeteer,” het Rautaboul gesê.
Sy sê ook dat met nuwe en moderne toerusting, nuwe tegnieke en ’n verbeterde kanaal, word meer en meer rekords gebreek en opgestel.
“Ons kan al vinniger ry met al minder wind.”
Sedert 2007 is 12 wêreld- en 75 nasionale seilplank- en sweefski-rekords op die kanaal opgestel.
Die huidige wêreld-spoedrekordhouer in seilplankry, Antoine Albeau van Frankryk, het in 2012 ’n gemiddelde spoed van 52,05-knope (96,4 k/h) oor 500 m aangeteken. Hy sal vanjaar na ’n afwesigheid van ’n jaar probeer om sy rekord te verbeter. Die wenner van die 2014-spoeduitdaging, Patrik Diethelm van Italië, is ook weer op Lüderitz terwyl Sebastien Cattelan van Frankryk sal probeer om die sweefski-rekord van 56,62 knope te oortref.
Belangstellendes kan op Facebook onder Lüderitz Speed Challenge of by www.luderitz-speed.com kyk vir die jongste inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!