Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators
Onvoldoende menslike hulpbronne en ventilators is volgens ’n verslag van die struikelblokke in Namibië se stryd teen Covid-19.
Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke by openbare gesondheidsgeriewe en grensposte, onvoldoende persoonlike beskermende klere en toerusting (PPE), Covid-19-toetsstelle en reagense vir die plaaslike toetsing van die siekte, sowel as ’n gebrek en kwarantyngeriewe vir gesondheidswerkers wat Covid-19-gevalle bestuur.
Dít volgens die dagverslag uitgereik deur die waarnemerspan van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).
Die verslag wat Sondag uitgereik is, sonder ook onvoldoende menslike hulpbronne en ventilators as sleutelstruikelblokke uit.
Die totale aantal bevestigde gevalle staan steeds op 11: agt in die Khomasstreek, een in die ||Kharasstreek en twee in die Erongostreek.
Die monsters van ses bevestigde gevalle is deur PathCare geneem en in Suid-Afrika getoets, terwyl vier bevestigde gevalle plaaslik deur die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) bevestig is. ’n Bykomende bevestigde geval se weefselmonster is in Suid-Afrika geneem en die positiewe uitslae is ontvang toe die persoon reeds in Namibië was.
Teen Sondag is ’n totaal van 246 Covid-19-weefselmonsters in die twee laboratoriums (PathcCare en NIP) aangeteken. NIP het 95 monsters ontvang, 80 getoets en 77 hiervan se uitslae is ontvang. Uit laasgenoemde was 4 positief en 77 negatief, terwyl 11 weefselmonsters weggegooi is. Die laboratorium het drie nuwe vermoedelike gevalle van die siekte aangeteken.
By PathCare is 154 weefselmonsters ontvang, 152 is getoets en die uitslae is van 131 ontvang. Ses het positief getoets en 125 negatief, terwyl op die uitslae van 21 gewag word. Twee weefselmonsters is weggegooi.
Met verwysing na die opvolg van kontakte van positiewe gevalle is 19 hoërisiko-kontakte geïdentifiseer, met 18 wat tot dusver opgespoor is. Medium- en laerisiko was teen Sondag onderskeidelik 17 en 64, wat die totaal vir al die groepe op 101 te staan bring.
Uit die 19 hoërisiko-kontakte het twee reeds hul 14 dae kwarantyn voltooi. Vyf het simptome van die siekte ontwikkel en is getoets, terwyl drie sonder simptome ook vir Covid-19 getoets is. Volgens die dagverslag is die meeste gevalle wat nie verder opgevolg kon word nie buitelanders wat Namibië verlaat het.
Die verslag, wat namens me. Maria Kavezembi van die ministerie onderteken is, beklemtoon die behoefte aan landswye koördinasie en die kommunikering van inligting tussen bestuur en tegniese werksgroepe.
Ook is daar ’n behoefte aan ’n volledige noodreaksiespan, terwyl die nasionale openbare gesondheidsnoodbestuursentrum ten volle toegerus moet word.
Alle positiewe gevalle móét in isolasiesentrums of in private huise of plase wees met ’n minimale risiko om ander aan die siekte bloot te stel.
Die dienste van die NIP moet gebruik word, terwyl daar ook verseker moet word die weefselmonsters is van goeie gehalte en mense wat getoets word, voldoen aan die vereistes van die gevallestudie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie