Te min vleis vir China
Totdat Namibië nie plaaslik meer beesvleis produseer nie, sal dit sukkel om die Chinese mark te bedien.
Elvira Hattingh - Ofskoon China se deure nou wyd oop is vir Namibiese beesvleisinvoere, kon Namibië tot dusver nie van die geleentheid gebruik maak nie weens ‘n tekort aan volume en omdat ander, nadergeleë markte beter opbrengste lewer.
Die Vleisraad van Namibië se handelsbestuurder, mnr. Goliath Tujendapi, het gister aan Republikein verduidelik dat sou Namibië die Chinese mark betree, moet vleisprodukte van ander bestaande markte af herlei word.
“China is nie ‘n mark vir premiumprodukte nie, maar eerder geskik vir voorkwartbeesvleis wat onder meer in polonieprodukte verwerk kan word.
“Tans verkoop Namibië dié vleisprodukte aan Suid-Afrika. Ons produseer plaaslik nie genoeg beesvleis om albei markte te bedien nie.
“Sou ons voorts eerder aan China begin verkoop, sal dit tot laer opbrengste vir Namibië lei,” het Tujendapi verduidelik. Een van die redes hiervoor is dat vleisuitvoere na China groter vervoerkoste sal behels.
“Dit is ‘n goeie mark om tot ons beskikking te hê, maar voordat ons daarvan gebruik sal kan maak, moet ons eers na ons aanbod kyk.”
Volgens Tujendapi is die voorkoms van knopvelsiekte in Namibië, wat aanvanklik die opening van die Chinese mark vir Namibië belemmer het, nie langer ‘n kwessie nie.
Die voormalige minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het in Januarie vanjaar ook gesê hy is teleurgesteld dat Namibië steeds nie beesvleis na China kon uitvoer nie, ofskoon die ooreenkoms hiervoor al drie jaar gelede onderteken is.
“Ons merk met kommer op dat die ooreenkoms vir die uitvoer van beesvleis na China ná byna drie jaar nog nie vrugte afgewerp het nie,” het Mutorwa gesê.
VERWYDER ROOILYN
President Hage Geingob het in Julie ná die ondertekening van die Vryehandelsgebiedooreenkoms vir die Afrika-vasteland (AfCFTA) gesê die die veterinêre kordonheining (Rooilyn) moet verwyder word sodat Namibië méér beesvleis kan uitvoer.
Hy het toe gesê daar moet aandag aan die situasie in Angola gegee word, want solank Angola-beeste nie behandel word nie, sal hulle siektes (na Namibië) bring, want die beeste beweeg vrylik (oor die grens).
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het toe ook gesê bilaterale samesprekings het reeds afgeskop ten einde 'n grensheining tussen Namibië en Angola op te rig.
Na mening kan Namibië baie meer beesvleis produseer, sou produsente noord van die Rooilyn by uitvoermarkte ingesluit kon word, maar die bedreiging van bek-en-klouseer in noordelike kommunale gebiede het dit tot dusver verhinder.
In 2015 is die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid genader om die gebied vry van bek-en-klouseer te verklaar. Ongelukkig het die siekte in Mei 2015 in die gebied uitgebreek en dit het dié planne in die wiele gery.
CHINA ONS GROOTSTE ‘KLIËNT’
Intussen het China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, Dinsdag bevestig dat geen uitvoere van Namibiese beesvleis na China tot dusver gemaak is nie.
Tydens ‘n perskonferensie ter voorbereiding van die Forum oor die China-Afrika-beraad (Focac) wat vanaf 1 tot 3 September in Beijing in China sal plaasvind, het hy gesê China is nou die grootste invoerder van ander Namibiese produkte.
Dié land voer selfs meer produkte van Namibië as van Suid-Afrika af in.
Volgens Zhang het die waarde van die invoere tydens die eerste kwartaal van 2018 op sowat N$3,4 miljard te staan gekom. Terselfdertyd het bilaterale handelsyfers tussen China en Namibië verlede jaar tot N$8,3 miljard gegroei, wat ‘n jaar-op-jaar groei van 30,9% verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie