Te vroeg om Xavier Papo af te skryf
Padfietsry
Andrew Poolman – Die deurwinterde 31-jarige Xavier Papo het Sondagoggend vriend en vyand verras toe hy die naelresies eindstreep toe teen al die groot name van Namibiese fietsry gewen het.
Die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks vir padfietsryers se byeenkomste van laas Sondag, asook komende Sondagoggend, is reeds deur die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) as byeenkomste verklaar wat deur sy keurkomitee vir die 2022 Statebondspele in Birmingham oorweeg word.
In die sewende en laaste baanrondes in die byeenkoms wat algemeen as Döbra Loops bekend staan, het Papo weggebreek en daarin geslaag om tot die einde sy voorwiel voor die gedugte viertal Alex Miller, Drikus Coetzee, Gerhard Mans Junior, Ingram Cuff en Jean-Paul Burger te hou, wat almal binne die bestek van 'n sekonde of minder oor die eindstreep geflits het.
'n Lelike ongeluk binne die eerste ronde in die groep agter die voorlopers het altesame ses ryers uitgeskakel, wat 'n knarsende val beleef het toe hul wiele op 'n reguit deel van die westelike verbypad kontak gemaak het. Jacques Celliers het ribbes gebreek en harsingskudding opgedoen, terwyl sy spanmaat Willie van Zyl (Team Cathy), asook die Cymot-spanne se drietal Pierre Knoetze, Kai Pritzen en JG van der Westhuizen ook nie verder kon ry nie.
Die individuele top-15 (mans):
1 Xavier Papo (RMB Elite) 2:22:49
2 Alex Miller (Pupkewitz Megatech) 2:22:49
3 Drikus Coetzee (Simonis Storm / Hollard) 2:22:49
4 Gerhard Mans (Simonis Storm / Hollard) 2:22:50
5 Ingram Cuff (Simonis Storm / Hollard) 2:22:50
6 Jean-Paul Burger (Team Cathy) 02:22:50
7 Jurgen van Wyk (Pay Marathon Sugar) 2:26:27
8 Danzel de Koe (NCCS / Cymot Pro Team) 2:26:27
9 Daniel Hahn (Cymot) 2:26:28
10 Bergran Jensen (Cymot) 2:26:28
11 Hans du Toit (Pupkewitz Megatech) 2:26:28
12 Jacques van Zyl (Team Cathy) 2:26:29
13 Kevin Lowe (Cymot) 2:26:29
14 Cobus Smit (Cymot) 2:26:29
15 Simon Kaita (RMB Elite) 2:26:30
Papo se suksesvolle wegbreekpoging wat die opposisie behoorlik onkant gevang het, het nie net vir die RMB Elite-ryers 'n seldsame oorwinning in die reeks verseker nie. Sy oorwinning het ook behoorlik die druk laat oplaai in die opbou na die oorblywende vier kwalifiserende resiese vir die Statebondspele, naamlik:
Komende Sondag – Nedbank Windhoek Pedal Power nr. 2, by Dordabis.
06 Februarie – Nedbank Namibiese nasionale padfietskampioenskap.
13 Februarie – Nedbank Cycle Challenge.
13 Maart – Kaapstad-fietstoer, RSA.
VROUE
By die vroue het Melissa Hinz (36) 'n kop aan kop resies teen Courtney Liebenberg gewen.
Hinz, wat tot dusver merendeels as een van die land se sterk driekampatlete bekend was, het in 2020 wel op haar padfiets die nasionale tydtoetskampioenskap ingepalm. Sondag was ook 'n vroeë oorwinning vir haar spanmaats van Food Lover's Market.
Die voorste twee was sowat vier sekondes voor die jong Monique du Plessis wat derde klaargemaak het.
Die individuele toptien (vroue):
1 Melissa Hinz (Food Lover's Market Ladies) 02:00:46
2 Courtney Liebenberg (MBM Ladies) 02:00:46
3 Monique du Plessis (Cymot Ladies) 02:00:50
4 Anri Krugel( Food Lover's Market Ladies) 02:00:53
5 Michelle Döman (Food Lover's Market Ladies) 02:00:55
6 Ada Kahl (MBM Ladies) 02:01:00
7 Anneke Steenkamp (Hollard Ladies) 02:01:04
8 Elanor Grassow (Hollard Ladies) 02:01:05
9 Zoe Mitchell (Hollard Ladies) 02:01:05
10 Hester Prins (Food Lover's Market Ladies) 02:01:08
– [email protected]
FOTO Xavier Papo seil triomfantelik oor die eindstreep. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie