Teaterhuis: ’n Verhaal van hoop
Droom groot en vertrou op God’
Ester Kamati op Tsumeb
Die Teaterhuis-gastehuis en teater op Tsumeb is in 1962 gebou. ’n Ruimte met ’n groot verhoog, beligting en honderde sitplekke waar mense die kunste kan waardeer en vier.
Toe Surine Bekker by die Teaterhuis instap, het sy dadelik verlief geraak. Beide sy en haar man is kunstige individue en toe sy daarop afkom, het sy onmiddellik planne begin maak om lewe in die ou gebou te blaas.
Surine onthou hoe sy en haar ma in Mei 2016 in die Teaterhuis ingetrek het; alleen in dié reusegebou. Hulle het op ’n matras op die projektorkamer se vloer geslaap. Gedurende die tyd het hulle begin met opknappings en hulle het geweet daar lê nog ’n lang pad voor. In daardie stadium het Surine se man nog by ’n lodge gewerk.
Voor hul intrek, was Surine nie die enigste persoon wat in die Teaterhuis belang gestel het nie, met die ander persoon wat reg was om goed daarvoor te betaal. Die geluksengel was egter aan haar kant en sy het uiteindelik die plek gekoop, wat die vorige eienaar gerusgestel het in die wete dat die kunste steeds in die teater gevier sou word.
Soos die gesegde lui, is Rome nie in ’n dag gebou nie. Tog is die eerste vertoning reeds op 16 Junie 2016 aangebied. Die titel? Snaaks genoeg, “Alle paaie lei na Rome” – ’n vertoning deur Jannie Moolman en Corlea Botha.
“Dit was so gepas, omdat die dakskildery wat ons bestel het, ’n dag voor die vertoning aangekom het, en dit het soos die Sixtynse kapel gelyk.
Volgens Surine was daar reeds baie onvergeetlike oomblikke in die Teaterhuis, een daarvan toe versteekte gange in die teater ontdek is. Hulle het toe slim gedink en dit in luukse slaapkamers met en suite -badkamers omskep wat gaste kan huur.
Surine het ook haar hoogtevrees in die Teaterhuis oorwin deur in die dak te klim, op ’n los dakkap te loop – die lengte van die saal – wat baie hoog is, vertel sy toe ek haar uitvra oor hoogtepunte.
Surine is dankbaar sy kon haar droom bereik om die historiese Teaterhuis te omskep, ondanks terugslae wat haar gesin beleef het.
“Ons is deur baie moeilike tye, en alhoewel die droom van die Teaterhuis soms onmoontlik gelyk het, is dit deur die genade van God en volharding moontlik gemaak deur ’n rits wonderwerke.”
Surine moedig mense aan om groot te droom en om hoopvol te bly, selfs al voel hulle wanhopig. “Bly hoop, en as jy jou vertroue in God stel en Hom eers soek, sal Hy deure vir jou oopmaak.”
In die toekoms droom Surine en haar man daarvan om ’n selfonderhoudende projek op ’n stuk grond te vestig waar mense wat alles verloor het, weer welkom en hoopvol kan voel.
“Ons hoop dat hulle hier ’n nederige en eenvoudige lewe sal kan lei terwyl hulle deur die gemeenskap opgebou word en weer op die been kom.”
Die Teaterhuis is tans te koop, maar bied nogsteeds 10 kamers in die gastehuis om te huur, sowel as die Art Cafe wat op 4 Oktober heropen. 'n Vertoning word vir November beplan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie