Teel vir ongewone kleure wek kommer
Teel vir ongewone kleure wek kommer

Teel vir ongewone kleure wek kommer

SA wildbedryf verwelkom mosie
Ronelle Rademeyer
Vida Booysen - Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het verlede maand in ’n verklaring die beroep verwelkom deur die Wêreldbewaringsunie (IUCN) op beleidmakers om teelprogramme te reguleer.

“Ons het reeds twee jaar gelede ons voorbehoude uitgespreek oor sekere intensiewe teelprogramme en ons verwelkom die mosies wat nou deur die IUCN aanvaar word,” sê Lizanne Nel, bewaringsbestuurder van die SAJWV, wat die internasionale kongres vandeesmaand bygewoon het.

Die aanbeveling van die IUCN vra “beter bestuur en regulering van selektiewe en intensiewe teelprogramme van groot wilde diere vir handelsdoeleindes”. Dit sluit in volgens die SAJWV ook spesies soos swartwitpense, koedoes, elande, blouwildebeeste, buffels, impalas en springbokke.

Die mosie definieer groot wilde soogdiere as individue van wildlewe-spesies ongeag die aantal jare wat hulle in gevangenskap was.

Dit sluit volgens die SAJWV se verklaring individuele diere uit wat in gevangenskap geteel is vir die doeleindes van kommersiële boerdery. Diere wat soos mak diere geteel word, word nie as “wilde diere” beskou nie en behoort nie gebruik te word vir die aanvulling of herinstelling van die wildbevolking nie.

Daar word ook in die mosie verwys na die huidige neigings in die teelpraktyke van wildlewe spesifiek vir kommersiële doeleindes om diere te produseer met spesifieke kenmerke, wat mag insluit “verbastering oor spesies, subspesies of ander erkende evolusionêre grense” en die moontlikheid dat sommige van hierdie diere mag ontsnap of in die natuur vrygelaat word.

Die regering van lande waar selektiewe teelprogramme vir wild plaasvind, word gevra om ’n strategie vir risikobeheer in te stel wanneer hierdie praktyk toegelaat word.

’n Verbod word ook gevra op doelbewuste kruisteling van groot wilde soogdiere oor alle spesies en subspesies heen, asook op die vrylating van sulke diere in die natuur.

Die IUCN waarsku ook dat dit noodsaaklik is vir lande om wettige raamwerke te ontwikkel om die impak van hierdie teelprogramme te monitor en te reguleer.

Die organisasie moedig die kommersiële wildbedryf aan om die potensiële risiko’s verbonde aan intensiewe teelproramme te erken en om saam met regerings en ander belanghebbendes te werk om die risiko’s te verminder.

Die SAJWV waarsku al geruime tyd dat die teel van kleurvariante Suid-Afrika se aansien as internasionale jag- en ekotoerismebestemming ongekende skade kan berokken weens buitelanders se persepsie oor diere wat in kunsmatige omstandighede geteel word.

Die vereniging het onlangs sy stem dik gemaak toe die departement van landbou, bosbou en visserye ’n lys in die Staatskoerant gepubliseer het waarvolgens wildboere voortaan met 12 wildsbokspesies kan teel soos met mak plaasdiere soos skape of beeste geteel kan word. Volgens Nel is hierdie besluit eensydig geneem sonder behoorlike inspraak deur wildbewaringsgroepe.

“As dit deurgevoer word, gaan Suid-Afrika sy natuurlike erfenis prysgee,” sê Nel.

Sy wys ook daarop dat die insluiting van wildspesies in die Wet op Diereverbetering strydig sal wees met die IUCN se mosie wat vandeesmaand aanvaar is.

Die SAJWV het die departement van omgewingsake genader oor die moontlikheid om die IUCN se mosie te aanvaar en toe te pas, maar volgens Nel het hulle nog nie terugvoering ontvang nie.

Die SAJWV wag ook steeds op terugvoering van die departement van landbou, bosbou en visserye en die departement omgewingsake oor die byvoeging van die 12 wildspesies tot die lys van mak diere. Dié wet val onder die beheer van die departement van landbou, bosbou en visserye, maar wetgewing oor wilde diere is die departement van omgewingsake se verantwoordelikheid. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A