Teen R18 499 is Note 8 die duurste Samsung nóg
Samsung het eindelik sy Note 8-slimfoon bekend gestel en sê hy hoop dié model word om al die regte redes bekend.
Samsung het bevestig die Note 8 sal van 22 September in Suid-Afrika beskikbaar wees.
Die Note8 se voorganger, die Note 7, sal vir ewig bekend staan as die “ontploffende foon” nadat meer as 100 fone wêreldwyd spontaan aan die brand geslaan het.
DJ Koh, wat aan die hoof van Samsung se mobiele eenheid staan, het op die bekendstelling van die Note 8 gesê die maatskappy sal nooit die lesse vergeet wat met die Note 7 geleer is nie. Die Note 7 is op alle vlugte verbied en daar is wêreldwyd kiosks opgerig waar eienaars hul foon kon inruil. Daar was ook kiosks op die O.R. Tambo- Internasionale Lughawe in Johannesburg en op die Kaapstadse Internasionale Lughawe.
Samsung het geen keuse gehad as om ’n klomp nuwe strategieë die lig te laat sien om die skade te beheer nie. Een van die strategieë is die nuwe Note 8.
Samsung se nuutste produk kan – benewens sy nuwe veiligheidseienskappe – met die beste van sy soort op die mark meeding en is definitief ’n verbetering op sy onstabiele voorganger.
Spesifikasies
Daar is bevind die Note 3500 mAh-battery was die groot boosdoener wat hoofsaaklik verantwoordelik was vir al die ontploffings. Dié battery is sedertdien met die kleiner 3300 mAh-model in die Note 8 vervang.
Die foon se skerm – wat die meeste batterykrag gebruik – is ongeag die kleiner battery van 5,7 duim tot 6,3 duim (15,75 cm) vergroot.
Die nuwe foon het ook ’n baie beter kamera. Die Note 7 het ’n 12 megapixel-kamera gehad terwyl die Note 8 ’n tweeledige 12 megapixel-kamera met optiese beeldstabilisering in albei lense het.
Die Note 7 het ’n Exynos 8890-skyfie met 4 GB RAM gehad, terwyl die Note8 ’n Exynos 8895-skyfie met 6 GB RAM het.
Die Note 8 kan, nes die Galaxy S8, jou iris skandeer om die foon mee oop te sluit.
Veiligheid
Die groot element wat die Note 8 se sukses sal bepaal, is veiligheid.
Nadat sy voorganger wêreldwyd teruggeroep is, is daar ná intensiewe ondersoeke gevind ’n “klein fout met die battery” het veroorsaak dat die eenhede ontplof.
Die probleem met die battery en die manier hoe die dop van die foon ontwerp is – wat ook deels vir die ontploffings verantwoordelik was – het daartoe gelei dat Samsung nou ’n agtpuntproses het om die battery na te gaan.
Samsung hoop dit sal al die spoke wat die Note7 losgelaat het, tot ruste laat kom.
Samsung het nie net die manier hoe die battery nagegaan word, hersien nie, maar ook die hele vervaardigingsproses van sy produkte. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie