Teenkorrupsieplan sluit almal in, sê Noa
Verantwoordbaarheid, deursigtigheid en integriteit is belangrike beginsels vir nasionale ontwikkeling, sê die ACC se direkteur-generaal.
Augetto Graig – Besonderhede van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se nuutste strategie en aksieplan tot 2025 is bekend gemaak ná 'n nasionale konferensie verlede week in Windhoek om die dokument goed te keur.
Dit sal nou na die kabinet verwys word vir goedkeuring.
Die deurlopende nasionale beleid teen korrupsie betrek alle sektore van die Namibiese samelewing en die strategie is ontwikkel ná uitgebreide konsultasies met belanghebbendes in al 14 streke.
Volgens die ACC se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, is verantwoordbaarheid, deursigtigheid en integriteit belangrike beginsels vir nasionale ontwikkeling.
“Daarom versterk ons die platform vir alle belanghebbendes om deel te neem, om besluite op plaaslike, streek- en nasionale bestuursvlakke te neem, wat van kritieke belang vir die stryd teen korrupsie is. Die strategie het agt strategiese doelwitte met 98 aksiepunte,” sê hy.
Die doelwitte sluit in groter politieke aanspreeklikheid en deursigtigheid; bekamping van korrupsie in die regering; staatsondernemings, streekrade, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede; en die versterking van afskrikmiddels teen korrupsie in die algemeen.
Bykomende doelwitte is die bewusmaking van wydverspreide teenkorrupsie; voorkoming van korrupsie in die privaat sektor; betrekking van nieregeringsorganisasies en die media in die stryd teen korrupsie; voorkoming van korrupsie in sport; en om die jeug te betrek by teenkorrupsie-inisiatiewe.
Die ACC wil ook politici verbind tot jaarlikse hersienings om te verseker toepaslike wetgewing word nagekom.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), die parlement en die ministerie van finansies moet elke jaar 'n verslag in dié verband publiseer, en die parlement se reëls en gedragskode moet aangepas word om voorsiening te maak vir gevalle waar parlementslede nie aan die reëls en gedragskode voldoen nie.
Om korrupsie binne die regering hok te slaan, moet die eerste minister se kantoor die stigting van integriteitskomitees in al die kantore fasiliteer.
Besigheidspraktyke van staatsondernemings moet hersien word, en saam met die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en ander betrokke owerhede, moet toegesien word dat streekrade en plaaslike owerhede aan betrokke wetgewing voldoen.
Die verklaring van bates en belange binne streekrade en plaaslike owerhede moet ook gevestig word.
Die kommissie sal 'n nasionale raamwerk vir die identifisering van risiko's in openbare instansies ontwikkel.
Verder sal die ACC met die ministerie van staatsondernemings, die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die vereniging van plaaslike owerhede, die vereniging van streekrade en die integriteitskomitees werk om 'n soortgelyke raamwerk te ontwikkel om die vatbaarheid vir risiko's uit te wys en voorstelle vir risikovermindering en transformasie van instansies te bevorder.
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit moet saam met die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) en die ministerie van finansies werk om maatreëls rakende die insameling van geld vir nasionale dokumente te verbeter.
Die immigrasieministerie moet ook geleenthede vir middelmanne in verband met die uitreiking van nasionale dokumente hokslaan, volgens die aksieplan. Saam met Nampol moet skuiwergate vir korrupsie in die polisiediens te bowe gekom word.
Volgens die strategie moet die ministerie van werke en vervoer saam met NaTIS korrupsie in dié sektor bekamp.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming moet deursigtigheid en voldoening aan regulasies in die toekenning van landbou-, veeartseny- en watersektor-inisiatiewe verseker, en saam met plaaslike owerhede, tradisionele owerhede en ander leiers deursigtige grondbestuur en toekenningstelsels ontwikkel.
Albei onderwysministeries moet spesifieke teenkorrupsie- en deursigtigheidsbeleide vir onderwysinstansies ontwikkel, terwyl die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme die voortoe in die bekamping van korrupsie rakende natuurlike helpbronne en die omgewing moet neem.
Die regbank moet hervorming van die regsproses hersien terwyl die ministerie van justisie genoeg hulpbronne moet verskaf om bedrywighede te verbeter.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne en die ministerie van myne en energie is opdrag gegee om betrokke wetgewing te hersien, deursigtigheid in die toekenning van mynregte en lisensies te bevorder, en aan internasionale ooreenkomste te voldoen.
Van die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI), die Namibië Werkgewersfederasie (NEF), die Namibië Handelsforum (NTF), SME Compete en die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) word verwag om korrupsie in die private sektor te bekamp.
Die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) moet toesien dat maatskappye aan boekhoudingspraktyke voldoen.
Die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, asook die Namibiese Sportkommissie (NSC) moet teenkorrupsie en deursigtigheid in sport vestig en opleiding aan beamptes voorsien. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie