Teenstropereenheid in Etosha kry nuwe bevelvoerder
Teenstropereenheid in Etosha kry nuwe bevelvoerder

Teenstropereenheid in Etosha kry nuwe bevelvoerder

Gerine Hoff
Die bevelvoerder van die polisie in die Oshikotostreek, komm. Anne-Marie Nainda, is pas aangestel as die hoof van die teenstropereenheid in die Etosha Nasionale Park.
Nainda het by die kommissaris van die Omusatistreek, komm. Simeon Shindinge, oorgeneem. Sy sal haar nuwe pos vir die volgende drie jaar beklee.
Tydens die aankondiging het die adjunkinspekteur van bedrywighede, gen.maj. James Tjivikua, gesê daar is sedert die begin van die jaar reeds 34 renosters in die Etosha ­Nasionale Park en die Palmwag-Kliprivier-omgewing in die Kunenestreek gestroop. Daarvan is 29 karkasse in die park gevind ná voet- en lugpatrollies uitgevoer is.
“Die afname in getalle van ons ­beskermde spesies soos olifante en renosters, kan meestal aan stropery toegeskryf word. Konflik tussen mens en dier is egter ook besig om ander bedreigde spesies nader aan uitwissing bring,” het Tjivikua gesê.
Hy het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om die natuur te alle tye te beskerm en te bewaar. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!