Teenstropingsmiddels verskerp in Omusatistreek
Teenstropingsmiddels verskerp in Omusatistreek

Teenstropingsmiddels verskerp in Omusatistreek

Gerine Hoff
Die bevelvoerder van Nampol in die Oshanastreek, komm. Ndahangwapo Kashihakumwa, is as hoof van ’n teenstropingsveldtog in die Omusati­streek druk besig met optrede wat reeds tot die inhegtenisneming van talle verdagtes gelei het.
Teen die middel van die maand is meer as 24 verdagtes in verband met renosterystropery in hegtenis geneem. Die veldtog het in Junie begin en sal tot einde Augustus duur.
Kashihakumwa en sy span was in die bosse rondom die Iitapa-­nedersetting in die Okahao-­kiesafdeling besig, waar van die verdagtes na bewering die karkasse begrawe het van twee renosters wat hulle reeds in 2008 gestroop en onthoring het.
Drie van die verdagtes wat van Iitapa is, het skynbaar die twee renosters doodgeskiet in wat as onwettige jag geag word.
Kashihakumwa en sy span het die drie verdagtes twee weke gelede na die plek geneem waar hulle skynbaar die karkasse begrawe het, maar teen die einde van die dag kon die verdagtes nie die oorskot opspoor nie.
“Ons soek na konkrete bewyse vir ’n verslag wat ons aan die owerhede moet voorlê,” het Kashihakumwa gesê met verwysing na die ministerie van veiligheid en sekuriteit, toe hy met joernaliste gepraat het.
Hy het gesê dat 62 renosters in die afgelope sewe jaar in die nabygeleë Etosha Nasionale Park gestroop is, met die uitdruklike doel om die diere te onthoring.
“Dit is moeilik om bewyse te kry omdat die Iitapa-gemeenskap nog nie in hierdie stadium gereed is om die inligting wat ons nodig het, aan ons te voorsien nie,” het hy gesê.
Benewens Iitapa, is die Onamatanga-, Uutsat­sima-­­ en Okatsane-­nedersetting ook deur renosterstropery geraak. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!