Teenstropingsveldtog kry vlerke
Tanja Bause - Die privaatinisiatief Intelligence Support Against Poaching (ISAP) het ter ondersteuning van sy teenstropingsveldtog 'n Piper Super Cub-vliegtuig van Namibia Breweries (NBL) ontvang.
Die Protector, soos die vliegtuig bekend sal staan, sal gebruik word in die stryd teen omgewing- en wildmisdade in Namibië. Dit sal onder meer ingespan word om gestroopte dierekarkasse en diere toegerus met halsbande op te spoor.
Die vliegtuig sal ook gebruik word om stropers vanuit die lug op te spoor en ter ondersteuning van teenstropingseenhede van die ministerie van die omgewing en toerisme (MET). Die Protector vorm ook deel van die MET se lugondersteuning. Vlieëniers wat ingespan gaan word, bied hul dienste gratis aan.
“Ons kan nie meer toelaat dat dié onmenslike daad voortgaan nie; ons moet optree en ons moet nóú optree,” het mnr. Wessie van der Westhuizen, NBL se hoofbestuurder, gesê. “Die vliegtuig is nie net nog 'n skenking nie, maar 'n poging om renosterstroping iets van die verlede te maak.”
Die Protector het aan Eros Air behoort en was 'n groot gunsteling van die oorlede vlieënier mnr. Uwe Herbert. NBL het die vliegtuig by Eros Air gekoop en aan ISAP geskenk.
“Met die skenking eer ons ook vir Uwe. Hy het twee baie groot passies in die lewe gehad. Die een was die Piper Super Cub en die ander was die bewaring van ons diere en natuurerfenis,” het Van der Westhuizen gesê.
Tydens die oorhandiging het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gesê enige iemand wat gewapen die land se nasionale parke binnegaan, kan verseker wees wetstoepassers sal ooreenkomstig die wette van Namibië optree.
“Hulle gaan ons parke in en skiet op ons diere en selfs op wetstoepassers. Dit sal nie geduld word nie. Die hartseer en afstootlike stroop van veral ons renosters en olifante het 'n negatiewe impak op ons toerismebedryf en ons sal dit ook nie langer duld nie. Die betrokkenheid van die privaat sektor in die stryd is van kardinale belang. Saam kan ons die geveg wen,” het Shifeta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie