Teer van paaie gebriek
Teer van paaie gebriek

Teer van paaie gebriek

Tanja Bause
Windhoek se munisipaliteit het dié week in ’n kennisgewing aangekondig dat die opgraderingsprojek van strate in die noordelike woonbuurte van Windhoek vir eers gestaak is. Fase twee van die opgradering van bestaande grondpaaie na teerpaaie is gestaak weens die kontrakteur se wanprestasie, lui die kennisgewing. Die projek behels die opgradering van paaie in die Goreangab- en Havana-woonbuurt. Die strate wat geraak word, is Lucia-, Tolla-, Outapi-, Monte Christo-, Matshitshi-, Bethanie-, Walvis- en Omututulastraat. “Die stad sal aangaan met roetineherstelwerk totdat ’n nuwe kontrakteur aangestel word,” lui die verklaring. Padgebruikers word aangemoedig om by die verkeerstekens en spoedbeperkings te hou. Op die foto is Bethaniestraat in Havana, wat een van die grondpaaie is wat veronderstel was om geteer te word. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!