Teerpad kom van Swakop tot Henties
Jessica Botes
Die koste van die eerste fase van die teerpad van Swakopmund oor Hentiesbaai, Uis en Khorixas tot op Kamanjab gaan N$558 miljoen kos.
Die hoof uitvoerende beampte van die Paaie-owerheid van Namibië (RA), mnr. Conrad Lutombi, het tydens ’n vergadering met Erongo se goewerneur, mnr. Cleophas Mutjavikua, gesê die eerste fase van Swakopmund tot by Hentiesbaai sal teen 2018 voltooi wees.
Die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wat as hoofkontrakteur van die projek aangestel is, en ’n gesamentlike onderneming, Zhong Mei Engineering Group (Pty) Ltd, se bouterrein naby Wlotzkasbaken is byna voltooi. Daarna sal begin werk word aan die opgradering van die bestaande soutpad wat later geteer sal word.
Volgens Lutombi is die kontrakteur deur die RA opdrag gegee dat die meerderheid van sy 300 werkers op die projek Namibiërs moet wees.
Die werwing van werkers sal deur die streekraad gedoen en ook deur die RA gemonitor word. Volgens Lutombi word 15% van die totale begroting van die projek vir SME’s geoormerk om die groei van plaaslike besighede te bevorder.
Die RA beoog ook om binnekort met die bou van die Swakopmund-Walvisbaai-snelweg wat agter die duine gebou sal word, en die vierbaanhoofweg langs die kuslyn tussen die twee dorpe te begin. Volgens Lutombi is ’n kontrakteur reeds aangestel en sal bouwerk teen die einde van die maand begin.
“Die snelweg agter die duine sal hoofsaaklik deur vragmotors gebruik word. Daar sal geen uitritte op hierdie roete wees nie en ons is van plan om die weegbrug wat nou op Walvisbaai is, na die snelweg agter die duine te verskuif.”
“Die pad langs die kuslyn sal vir toeriste en inwoners ingerig word met verkeersligte by die afdraaie na die verskeie woonbuurte sowel as afsonderlike paaie vir voetgangers en fietsryers. ’n Verkeersirkel sal net voor Swakopmund gebou word waar die afdraai na die grondpad agter die duine tans geleë is, om verkeersopeenhopings te verhoed,” het Lutombi gesê.
Buiten dié projekte is die RA volgens Lutombi ook van plan om die pad vanaf Omaruru, verby Karibib tot op Swakopmund op te gradeer.
Die kosteberaming vir al hierdie projekte beloop sowat N$10 miljard en word ten volle deur die RA gefinansier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie