Tegniese hekkie rem banklikwidasie
Die SME Bank het gister die hoërhof versoek om die dringende aansoek deur die Bank of Namibia om die SME Bank te likwideer, van die rol te skrap.
Jacqueline Louw en Jo-Maré Duddy - Regter Hannelie Prinsloo het gister die dringende aansoek wat deur die Bank of Namibia (die BoN) in die hoërhof in Windhoek vir die voorlopige likwidasie van die SME Bank gebring is, tot vandag uitgestel.
Die rede vir dié uitstel is dat mnr. Sisa Namandje, wat namens twee van die aandeelhouers van die SME Bank optree, aangevoer het die BoN het nie aan sekere prosedurele vereistes vir die bring van 'n voorlopige likwidasie-aansoek voldoen het nie.
Namandje verteenwoordig Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle Properties wat onderskeidelik 30% en 5% van die aandele in die SME Bank hou. Die regering van Namibië is 'n 65%-aandeelhouer van dié bank.
Namandje het aangevoer dat die aansoek eers Woensdag op sy firma beteken is, meer as 24 uur nadat dit by die hoërhof geliasseer is. Hy het ook aangevoer dat die aansoek nie éérs by die Meester van die hoërhof vir goedkeuring ingedien is voordat dit by die hoërhof geliasseer is nie.
Hy het die hof versoek om die BoN se aansoek van die rol te skrap en 'n kostebevel in sy kliënte se guns te maak.
Senior advokaat Corbett het namens die BoN aangevoer dat Namandje se argument hoogs tegnies is en spekulatief is. Hy het aangevoer dat die maatskappyewet kennisgewing van 10 dae vereis maar dat die hoërhof in Windhoek gewoonlik 'n afwyking van hierdie reël toelaat om die regte van krediteure te beskerm. “Daar is 'n groot risiko dat die bank se bates op groot skaal onttrek gaan word,” het Corbett aangevoer.
Corbett het verder betoog dat Namandje se versoek sonder meriete is, omdat die aansoek wel by die Meester van die hoërhof ingedien is en 'n sertifikaat tot dié effek uitgereik is en dat die hof in dié jurisdiksie altyd sy woord aanvaar.
In 'n beëdigde verklaring in die sentrale bank se dringende aansoek om die SME Bank te likwideer, sê die BoN-president, mnr. Ipumbu Shiimi, dat van die miljoene Namibiese dollar wat die SME Bank onwettig belê het en moet afskryf, N$175 in kunsmis was.
Miljoene se “verlore” beleggings, die gevolg van “aansienlike en materiële wanbestuur van fondse”, beteken die SME Bank se laste oorskry sy bates en die bank is “insolvent”.
Shiimi sê dié situasie is onomkeerbaar aangesien nóg die regering nóg die minderheidsaandeelhouers, Metropolitan Bank of Zimbabwe World Eagle Properties, bereid is om 'n reddingsboei van N$359,1 miljoen te verskaf.
Shiimi se eedsverklaring is deurspek met voorbeelde van teenstrydige inligting waarmee die SME Bank die sentrale bank probeer mislei het.
“SME Bank se bestuur het die bank en die ouditeure mislei oor waar, by wie en waarin die geld belê is,” lui sy verklaring.
Dié “belegging” in kunsmis – wat deur die direkteure en topbestuur van die SME Bank verswyg is – was vir “handelsdoeleindes” en word in 'n rekening van Mamepe Capital by Rawfert Offshore Sal gehou. Laasgenoemde, 'n kunsmisverskaffer, is 'n Libanese maatskappy.
Mamepe, VBS
Mamepe, 'n beleggingsmaatskappy in Suid-Afrika, en VBS Mutual Bank staan sentraal in die BoN se ondersoek na sogenaamde beleggings deur SME Bank wat tot verwagte verliese van N$174,4 miljoen gaan lei.
VBS is in omstredenheid gedompel nadat dié bank 'n lening van R7,8 miljoen aan pres. Jacob Zuma toegestaan het om sy Nkandla-skuld aan die Suid-Afrikaanse regering terug te betaal.
BDO Namibia, ouditeurs van die SME Bank, het die BoN in Augustus 2016 bedag gemaak op N$196 miljoen wat aanvanklik in Mamepe belê is. Hiervan is N$150 miljoen egter onttrek en in VBS belê.
In antwoord op Shiimi se verklaring het die Suid-Afrikaanse prokureur mnr. Victor Nkhwashu namens Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle Properties aangevoer dat dié twee instansies se regsverteenwoordigers nie genoeg tyd gegun is om 'n betekenisvolle opponerende verklaring te liasseer wat al die aantygings teen hulle kon aanspreek nie.
Hy het verder aangevoer dat Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle Properties onherstelbare verliese sal ly indien die SME Bank onder voorlopige likwidasie geplaas word.
Volgens hom het hulle groot bedrae geld, vaardigheid en ander hulpbronne in die SME Bank belê.
Regter Prinsloo sal haar beslissing vandag om 11:00 lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie