Tegnologie-aandele styg
Tegnologie-aandele styg

Tegnologie-aandele styg

Francois Williams en Bloomberg – Die rand het Vrydagoggend gebaat by ’n verswakking in die dollar oornag en was effe sterker op R13,70 teen die vorige aand se sluiting van R13,72.

Dit kom nadat die dollar teenoor die meeste geldeenhede behalwe die jen verswak het in reaksie op wisselende seine oor vordering met die handelsgesprekke tussen Amerika en China.

Aandele op beurse in Asië is Vrydag wel sterk op danksy ’n lopie in tegnologie-aandele. Dit volg op ’n sterk lopie oornag in New York van rekenaaraandele.

Die Nasdaq-beurs in New York asook die S&P500 indeks was stewiger.

Oor die handelsoorlog tussen Amerika en China is sentiment egter nog broos. Wilbur Ross, Amerikaanse minister van handel, het gesê die twee is nog “myle en myle” ver van ’n ooreenkoms, terwyl Lawrence Kudlow, ekonomiese raadgewer van die Withuis, later gesê het pres. Donald Trump is optimisties oor die handelsgesprekke.

Die Britse pond het op sy beurt versterk ná berigte dat die Noord-Ierse Demokratiese Unionisteparty ingestem het om die Brexit-ooreenkoms te steun.

Oliepryse was vir die derde opeenvolgende dag hoër. Brent ruolie in Londen het met 1% tot $61,76 per vat gestyg, wat verdere druk plaas op Suid-Afrikaanse brandstofpryse wat vroeg in Februarie opwaarts aangepas sal word.

Goud en ander metale soos silwer, koper en platinum was Vrydagoggend effens hoër.

Beleggers op die JSE sal waarskynlik Vrydag kyk hoe die beursswaargewig Naspers reageer op sy belegging in China, Tencent, se styging van 3% op die Hongkongse beurs nadat die Chinese regering weer die groenlig gegee het vir sommige van Tencent se aanlynspeletjies. Dit was nadat Chinese reguleerders toegeslaan het op internetmaatskappye om te beheer wat Chinese alles op die internet aanvang.

Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!