Tegnologieberaad skop af
Die regering ondersoek maniere om inligting en kommunikasietegnologie beter te benut.
Augetto Graig - Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Stanley Simataa, het Maandag die sesde nasionale ICT-beraad by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in die hoofstad geopen.
Die driedagberaad betrek honderde belanghebbendes, diensleweraars en deelnemers in Namibië se groeiende inligtingsektor.
Simataa het die amptelike openingstoespraak namens die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, gelees, wat op die tema van vanjaar se beraad fokus, naamlik “Die bespoediging van digitale transformasie”.
Mbumba het gesê digitale transformasie verwys na die gebruik van tegnologie om besigheidsoperasies te verbeter, te vergemaklik en te hervorm.
“Deur inligting en kommunikasietegnologie en vernuwing in te span, kan die dienste verbeter wat die regering burgers bied,” het hy gesê.
Hierdeur kan doeltreffendheid, toegang tot en deursigtigheid van regeringsdienste verbeter.
“Geen burger of besigheid moet onder onnodige vertragings gebuk gaan weens ’n tekort of die verlies aan inligting nie,” het hy gesê.
Die belang van ICT-infrastruktuur vir die aansporing van volhoubare ekonomiese groei en die verligting van armoede is beklemtoon.
“Die oplos van vertraagde en duur internetbandwydte was ’n paar jaar gelede ’n probleem wat deelname aan die inligting- en kennissamelewing betref,” lees die toespraak.
Dit lig uit internettoegang is ’n duidelike funksie van ekonomiese ontwikkeling en die vraag na toerusting en aanlyn dienste groei soos lewenstandaarde verbeter en toegang tot besteebare inkomste vergroot.
Boonop hou toegang tot die internet met produktiwiteit verband, lui die visepresident se toespraak.
“Namibië kan nie agterbly nie,” sê die minister.
Met die aanlê van die WACS- ondersese internetkabel kon Namibië ’n nuwe fase van ICT betree.
“Toegang tot die internasionale internetruggraat deur die ondersese kabel-landingstasie het die manier verander waarop Afrika werk, kommunikeer en met mekaar verbind, terwyl ons jeug die internet se eindelose moontlikhede nog verder kan inspan,” het hy gesê.
Die regering se poging tot e-regering en die toevoeging van inligting- en kommunikasietegnologie tot hul dienste was ook ter sprake.
“Hoewel dit moet versnel, is die lewering van regeringsdienste aan ons burgers reeds doeltreffender, meer virtueel en deursigtiger gemaak.
Met die tydige verskaffing van dienste aan burgers – veral wat burgerlike dokumentasie en ander regeringsaktiwiteite soos elektroniese geboortesertifikate, elektroniese identiteitsdokumente, e-paspoorte, huweliksertifikate en doodsertifikate betref, kon ons ’n nuwe kultuur van doeltreffendheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid kweek en vestig,” lui die toespraak.
Kommer oor die veiligheid en sekuriteit van inligtingstelsels in Namibië is ook ’n kwessie wat genoem is.
“Ons moet verseker die regte maatreëls word gevolg om die veiligheid en integriteit van ons digitale stelsels te bewaar. Dit sal bereik word deur gesamentlike pogings tussen die openbare en private sektor, nywerheids- en akademiese instansies. Saam moet ons vernuwende maniere vind om ons stelsels en netwerke se sekuriteit te handhaaf en te verbeter,” het die minister gesê.
Die visepresident se toespraak het ook klem op die insluiting van die jeug gelê.
“Ons land se mededingendheid kan net volgehou word as ons ons jeug se volle potensiaal aktief benut. Ons jeug is die katalisators van ons land se digitale transformasiepogings,” het hy gesê.
Die bemagtiging van die jeug moet dus volgens die minister voorkeur by die beraad geniet.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie