Tekens van groen lote in wêreldekonomie
Talle ekonomieë het reeds laat in Maart en begin April begin lewe toon, maar geen land is al waar dit vóór die virus was nie.
Terwyl Suid-Afrika nog ’n streng inperking beleef in afwagting op die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie, begin ander ekonomieë uit hul gedwonge winterslaap wakker word.
Soos regerings inperkingsmaatreëls verslap en verbruikers weer winkel toe mag gaan en selfs mag begin reis, dui data daarop dat die bodem van die ergste wêreldresessie sedert die Groot Depressie van die 1930’s bereik is.
Talle ekonomieë het reeds laat in Maart en begin April begin lewe toon, maar geen land is al waar dit vóór die virus was nie.
Duitsland, Japan en Frankryk herstel die vinnigste, terwyl Spanje en Brittanje relatief swak bly.
Die nalatenskap van mense wat hul werk verloor het, ondernemings wat ondergegaan het en vrese oor gesondheid wat voortsleep, beteken die herstel gaan waarskynlik traag wees ná die aanvanklike vinnige opflikkering.
Die risiko bestaan ook steeds dat ’n tweede golf infeksies lande kan tref, wat inperkings weer nodig kan maak.
Torsten Slok, hoofekonoom van Deutsche Bank Securities, sê die prentjie verbeter in die algemeen, maar dit gebeur stadig.
“Ons staan onder in die kloof en kyk op.”
EKONOMIESE HERSTEL
Beleidmakers probeer waar hulle kan momentum gee aan die ekonomiese herstel. Japan het Woensdag US$1 000 miljard se bykomende hulp aan huishoudings en ondernemings aangekondig, en die Europese Kommissie het ’n pakket van tot US$823 miljard vir sukkelende ekonomieë aangekondig.
Dit lyk asof vervaardiging en uitvoer vanuit Asië, insluitend Suid-Korea, China en Taiwan, begin groei.
In Amerika verbeter alle data stadig maar seker. Dit sluit ’n styging in huisleningsaansoeke en vlugbesprekings in. Besprekings by restaurante styg ook weer, hoewel nog baie laer as die hoogtepunt.
Teen einde verlede week was 575 distrikte wat altesame 13% van Amerika se bruto binnelandse produk (BBP) produseer, steeds in ’n staat van inperking. Dis teenoor die hoogtepunt van 2 600 distrikte en byna 30% van BBP einde April.
John Williams, president van New York se federale reserwebank, verwag ’n groot herstel in die tweede helfte van die jaar.
VSA SE WERKLOOSHEIDSKOERS
Indien die ekonomie vanaf Junie begin groei, sal dit een van die kortste resessies wees sedert data in 1854 begin meet is, maar ook een van die ergstes. Amerika se werkloosheidskoers het in April meer as verdriedubbel tot 14,7%, die hoogste sedert die Groot Depressie. Amerika het ’n ongekende 20,5 miljoen poste verloor en nóg werkverliese word dié week verwag.
Ook in Europa is daar tekens dat vervaardiging en dienste begin verbeter.
Brittanje heropen sy ekonomie stadig omdat hy die meeste Covid-19-gevalle in Europa het – meer as Italië en Spanje – en ook die meeste sterftes.
In Duitsland het restaurante al heropen, maar Brittanje gaan dit dalk eers in Julie toelaat.
Ondanks tekens van herstel, verwerp die meeste ekonome nou die idee van ’n V-vormige herstel. Regulasies oor gesonde afstande gaan alle aspekte van die ekonomie raak – hoe fabrieke sake doen, en in watter mate verbruikers gemaklik is om winkels en kroeë te besoek.
Baie tydelike werkverliese gaan waarskynlik permanent word en maatskappye wat skuld moes aangaan, sal dalk permanent moet sluit.
Ekonome waarsku dat die wêreldekonomie dalk eers teen 2022 weer op die vlak van voor Covid-19 sal wees.
– Netwerk24/Bloomberg, verkort

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie