Tekens van sporthoop
Tekens van sporthoop

Tekens van sporthoop

Dani Booysen
Sondag het Namibiese borse breed geswel weens twee uitstekende sportprestasies.

In Montevideo het die nasionale rugbyspan Uruguay met 30-28 getroef en in Dubai het die Brave Warriors 'n vriend­skaplike wedstryd teen Ghana met 1-0 gewen. Die nasionale sokkerspan is besig om vir die Afrika-nasiesbekertoernooi (Afcon) in Egipte voor te berei.

Sulke oorwinnings dui op herwinde en moontlik voortgesette internasionale erkenning vir die land.

Krieket het in April eendagtoetsstatus verwerf en onder andere die langasem Helalia Johannes is tans in puik vorm. Baie ander atlete in talle kodes kan tot die lys bygevoeg word.

Rugby se uitdagings is aan die publiek bekend, maar is nie heeltemal 'n verskoning vir nog 'n power vertoning in die SuperSport-uitdaagreeks nie. In Uruguay by Wêreldrugby se Nasiesbeker het die nasionale span egter reeds 'n nuwe spelpeil daargestel. Die opwindende rugby wat by tye opgedis is, herinner 'n mens aan die kode se destydse gloriejare.

“Ons beweeg in die regte rigting,” het afrigter Phil Davies gister gesê. 'n Oorwinning Saterdag teen Rusland is volgende in die span se visier.

Dit is 'n jammerte dat die nasionale rugbyspan waarskynlik nie verdere internasionale blootstelling sal hê voor die Wêreldbekertoernooi in Japan nie.

Afrigter Ricardo Mannetti het die Brave Warriors se oorwinning aan uitstekende spanwerk, volgehoue verdediging, krag en spoed toegeskryf. Soortgelyke deursettingsvermoë en meer gaan nodig wees in 'n moeilike Afcon-uitspeelgroep.



So sê ander

10 Junie 2019



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die viering van die Geallieerde inval in Normandië 75 jaar gelede het, meer as ooit tevore, die voordele van internasionale samewerking beklemtoon – die verbetering van bestaande brûe en die bou van nuwes, pleks van om hulle af te breek en mure te bou.

Die belangrikste Westerse leiers was eendragtig in hul lof vir die intense samewerking wat destyds 'n sukses van die landings gemaak het. Dit was 'n samewerking en eenheid waarsonder die wrede ystergreep waarin die Nazi-diktator Adolf Hitler die grootste deel van Europa gehou het, nie gebreek sou kon word nie.

Met die ineenstorting van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke het die noodsaak vir die eenheid afgeneem, maar met die aggressie wat press. Waldimir Poetin van Rusland en Xi Jinping van China deesdae aan die dag lê, is dit nodiger as ooit tevore.

Juis nou in dié tyd wek (pres. Donald) Trump twyfel oor sy verbintenis tot die Noord-Atlantiese Verdrags­organisasie en die breë Westerse bondgenootskap. Hy het reeds herhaaldelik in die openbaar en agter die skerms laat blyk dat hy op die allerbeste lou daaroor is, en op die slegste dit oorweeg om die bondgenootskap te verlaat.

Selfs Trump het homself in 'n uitstekend toespraak oortref. Hoe lank die vierings se momentum gaan voortduur, is egter 'n ope vraag.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!