Tekkie Town: Star 'gaan nie onderduimsheid duld'
Nellie Brand-Jonker - Steinhoff Africa Retail (Star) sê die pogings van die voormalige Tekkie Town-bestuur om dié onderneming te ontwrig, het nog nie verkope negatief geraak nie.
Star het Donderdag uiteindelik 'n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik oor die gebeure sedert Dinsdag toe Bernard Mostert, uitvoerende hoof van Tekkie Town, en ander senior bestuurslede, met onmiddellike ingang bedank het.
Volgens Star verseker die tussentydse bestuur en ondersteuningspan dat die winkels soos gewoonlik sake doen.
“Verkope tot op hede is nie negatief geraak deur die voormalige senior bestuurspan se bedanking en pogings om die onderneming te ontwrig nie,” lui Star se verklaring.
Mostert en sowat 130 ander personeellede, meestal senior mense, het vroeër die week bedank. Mostert sê omstandighede is vir hulle onuithoudbaar gemaak sedert die gebeure Desember wat tot die ineenstorting van Steinhoff gelei het
Daarby het Braam van Huyssteen, Tekkie Town se stigter, 'n kennisgewing aan Star gestuur om sy hoofkantoor en pakhuis in George te ontruim. Die eiendom word by Van Huyssteen gehuur.
Steinhoff het in 2015 sowat R3 miljard vir die skoenwinkelgroep Tekkie Town betaal. Dit was nie voorheen bekend dat Steinhoff nie die eiendom besit nie.
Star sê hy staan Van Huyssteen se eis teen dat hy die eiendom moet ontruim.
VERKLARING
Twitter het gegons oor hoekom Star voete sleep om 'n verklaring oor al dié verwikkelinge uit te reik en hoe hy beplan om dit te bestuur.
Luidens sy verklaring Donderdag het Star dadelik 'n tussentydse bestuur en ondersteuningspan ontplooi onder leiding van Riaan van Rooyen (tans bedryfsdirekteur van Ackermans) om die bedrywighede te stabiliseer en voortgesette verhandeling in winkels te verseker.
Star sê Tekkie Town is 'n belangrike deel van die groep en dra met sy 368 winkels sowat 3% tot sy jaarlikse inkomste by.
En nog belangriker: Daar werk sowat 3 200 mense by Tekkie Town.
“Hul bestaan is afhanklik van die voortgesette bedrywighede van die onderneming en Star is van voorneme om hulle te beskerm. Gebeurlikheidsplanne is getref om te verseker dat Tekkie Town sy bedrywighede ten volle voortsit.”
Star lê in sy verklaring klem daarop dat hy 'n “verantwoordelike genoteerde maatskappy met 'n sterk kultuur en waardes is”.
Leon Lourens, uitvoerende hoof, sê in die verklaring betroubare en ikoniese handelsname soos Ackermans en Pep is toonbeelde van hierdie waardes en sake-etiek en die reputasie wat oor baie jare in Pepkor opgebou is.
“Ons sal onwrikbaar hou by hierdie etiek en sal nie enige onderduimse taktiek van enigiemand af duld nie. Star sal steeds die belange van sy aandeelhouers en personeel beskerm en sy regte in dié opsig sterk uitoefen.”
Dit is nie duidelik wat met “onderduimse taktiek” en die “pogings om Tekkie Town se sake te ontwrig” bedoel word nie, want Star het nagelaat om dit te verduidelik.
Star se aandeelprys het Donderdag met bykans 3,5% gestyg tot R16,81.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie