Tekkie Town-stigter: Van seilskoene na seiljagte
Drie regsgedinge is reeds deur Van Huyssteen-hulle teen Steinhoff en Star aanhangig gemaak en hulle dreig met nog talle.
Nellie Brand-Jonker
Twee seiljagte, waarvan een in Turkye vasgemeer lê, 145 resiesperde, ’n boetiekhotel, ’n gasteplaas en talle eiendomme.
As jy wil weet hoeveel bates Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, besit, sal hofstukke wat vandeesweek by die Kaapse hooggeregshof ingedien is, interessante leesstof bied. Hy het Tekkie Town in 2001 begin.
’n Lys van maatskappye en trusts en hul eiendomme waarvan Van Huyssteen die uiteindelike begunstigde is en waarvan die bates sowat R2 miljard beloop, word in die hofstukke gegee.
Die inligting is vervat in die repliek van Van Huyssteen en ander respondente op ’n tussentydse interdik wat teen hulle bekom is deur Steinhoff Africa Retail (Star) om die gebruik van inligting wat van Tekkie Town se IT-stelsel gekopieer is, te keer.
Van Huyssteen het Tekkie Town in 2016 aan Steinhoff verkoop. Tekkie Town is van verlede jaar af by sy Suid-Afrikaanse filiaal Star ingesluit. Van Huyssteen en die topbestuur van Tekkie Town het by Steinhoff aangesluit ná die transaksie.
Sedert Steinhoff se ineenstorting in Desember het verhoudinge egter erg versuur tussen hulle en hul nuwe eienaar.
Drie regsgedinge is reeds deur Van Huyssteen-hulle teen Steinhoff en Star aanhangig gemaak en hulle dreig met nog talle. Dit sluit in die eis teen Steinhoff om Tekkie Town terug te kry. Die jongste saak is R42 miljoen wat hy van Star eis omdat hy beweer sy dienskontrak met die maatskappy is eensydig beëindig. Dit is wat sy vergoeding sou beloop tot sy kontrak met hulle einde September 2021 ten einde sou loop.
TUSSENTYDSE INTERDIK
Van Huyssteen-hulle het in hul repliek oor die tussentydse inderdik wat toegestaan is, aangevoer Tekkie Town se IT-stelsel is jare lank deur talle ander entiteite gebruik en dit is dié inligting wat gekopieer is.
In die hofstukke word beweer die reëlings om die IT-stelsel te gebruik is openbaar aan en ooreengekom met Tekkie Town en Steinhoff. Hulle het die klomp maatskappye, trusts en bates gelys om te toon hoe omvangryk dit is en hoekom toegang tot die inligting nodig was.
Dit toon 15 residensiële eiendomme; drie plase; agt kommersiële eiendomme insluitende ’n boetiekhotel op Mosselbaai en ’n winkelsentrum in Somerset-Wes en eiendomme in Australië. Dit lys ook ander bates soos die seiljag Princess Emma wat deur Sport City Trust gehou word, waarvan Van Huyssteen, ’n uiteindelike begunstigde is van ’n belang van 17%, en ’n seiljag wat in Turkye vasgemeer lê, waarin hy ’n belang van 33% hou.
Nog ’n bate wat gelys word, is ’n Bentley. – Netwerk24
GRYSBLOK
Hier is van die ondernemings en trusts waarvan Van Huyssteen as begunstigde getoon word:
· AJ van Huyssteen Familietrust: Die trust bestuur finansiële bates en is ’n aandeelhouer in Night Fire, 19 on Clifton, Erf 2265 Fancourt, Nunanda, Plaas Goeie Hoop van Oudtshoorn en Swartvlei Equestrian Estate by George.
· A J van Huyssteen Eiendomstrust: Die trust besit huise in Fancourt en in Knysna Quays.
· AJVH Holdings: Die maatskappy is die sesde respondent. Dit besit genoteerde aandele deur vier Investec Bank Bpk.-portefeuljes en nege bankrekeninge.
· AJVH Propco 1: Die maatskappy besit in ’n gesamentlike onderneming met die PHG-groep die winkelsentrum Somerset West Value Mart wat omtrent 16 huurders het op Somerset-Wes. Die waarde van die bates is sowat R225 miljoen.
· 19 on Clifton: Die maatskappy besit ’n groot residensiële eiendom. Van Huyssteen is die uiteindelike begunstigde van ’n belang van 50% daarin.
· Aquilam Holdings: Die maatskappy besit ’n kommersiële eiendom met vier huurders en bestuur ook finansiële bates.
· Liber Decimus: Die maatskappy besit finansiële bates.
· Night Fire Investments 132: Hy besit “baie wesenlike kommersiële eiendomme” in Suid-Afrika en Australië. Die waarde van die eiendomme is meer as R1 miljard. Dit sluit in ’n woonstel in die San Michelle-woonstelgebou in Clifton, ’n huis in Uhmlanga, vier huise op Mosselbaai en ’n nywerheidseiendom in George (die Tekkie Town-pakhuis).
· Nunanda: Hy besit tien eiendomme, onder meer ’n huis in die Strand, die Trio Towers op Mosselbaai, ’n huis in Randburg, ’n plaas by Elandsrivier, drie kommersiële eiendomme in George (insluitende Tekkie Town se hoofkantoor), ’n kommersiële eiendom in die middestad van Kaapstad (wat as 34 St. Georges Mall getoon word) en ’n boetiekhotel op Mosselbaai.
· Park Road Trading 7: Die maatskappy besit die Randburg Waterfront in ’n gesamentlike onderneming met twee ander partye. Die waarde van die bates is meer as R500 miljoen.
· Plaas Goeie Hoop (Edms.) Bpk.: Die maatskappy besit ’n gasteplaas buite Oudtshoorn.
· Sport City Trust: Die trust besit huise in Fancourt en is ’n aandeelhouer in Park Road Trading, AJVH Propco 1 en AJVH. Die maatskappy besit ook 145 resiesperde, waarvan baie in vennootskap met verskeie entiteite besit word asook ’n seiljag wat in die V&A Waterfront vasgemeer is.
· Swartvlei Equestrian Estate: Die maatskappy besit ’n kommersiële plaas in die George-omgewing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie