Teko-trio dalk vrygespreek
Die sogenaamde Teko-trio kan dalk op 25 Oktober vrygespreek word ná aanklaers gister erken het hulle kon nie daarin slaag om 14 van die 18 klagte teen die beskuldigdes te bewys nie.
Dít volg nadat die verdediging se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, die hof Dinsdag versoek het om die regsaksie teen me. Teckla Lameck, mnr. Yang Fan en mnr. Jeroboam Mokaxwa voortydig te staak, omdat strafbare gedrag nie tydens die onlangs afgehandelde betoë bewys kon word nie.
Die aanklaer, mnr. Dominic Lisulo, is benadeel deur die feit dat regter Christie Liebenberg verskillende bewysstukke uitgegooi het.
Dit sluit bankstate en ander dokumente in wat die Teenkorrupsiekommisie (ACC) wederregtelik verkry het.
Aangesien die vier oorblywende klagte almal met minder ernstige oortredings verband hou, soos die oortreding van die wet op immigrasie, kan die beskuldigdes op die ergste ’n boete ontvang.
Die aangeklaagdes is daarvan beskuldig dat hulle ongeveer N$42 miljoen ontvang het uit die ministerie van finansies se aankoop van 26 X-straal-skandeerders vir lughawens en grensposte by die Chinese maatskappy Nutech.
Die proses duur al langer as sewe jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie