Tekort aan geld knel beter prestasies

Net twee naellopers het sover vir die junior wêreldkampioenskap gekwalifiseer.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die samewerking van 'n borg sal nodig wees vir Atletiek Namibië om sy senior nasionale kampioenskap oor twee dae aan te bied – eerder as laas Saterdag se byeenkoms wat binne agt ure afgehandel is.

“Die meeste lande het die hulpbronne om hul nasionale kampioenskap oor minstens twee dae of tot so lank as vyf dae te laat strek. Ideaal gesproke is dit die gunstige omstandighede wat atlete wil hê sodat hulle genoeg ruskans tussen hul verskillende items kan hê om topprestasies te kan lewer,” sê Atletiek Namibië se president, mnr. Erwin Naimhwaka.

Volgens hom was Coca-Cola hul enigste korporatiewe vennoot vir laas naweek.

Naimhwaka het toegegee dit is geensins 'n ideale reëling dat naellopers skaars een uur tussen hul items (uitdunne of finale) het nie – veral met soveel atlete wat in twee of meer van die 100, 200 en 400 meters deelneem, of selfs die langer afstande.

“In die 400 m was daar nie hersteltyd om 'n mansfinaal te hou nie en is die wenner deur die vinnigste tyd in die twee uitdunne bepaal. Ruskans is 'n belangrike faktor om 'n byeenkoms van beter gehalte te kan aanbied.”

Die atletiekbaas sê die jong naelloper Sadé de Sousa se kwalifikasie vir die IAAF junior wêreldkampioen­skap in Julie in Nairobi was die enigste prestasie laas naweek vir 'n groter internasionale byeenkoms.

“Sadé is die tweede Namibiese kwalifiseerder vir die junior wêreldkampioenskap, nadat Ivan-Danny Geldenhuys vroeër op Swakopmund ook in die 400 meter met 49.03 sekondes deurgedring het.”

Meer junior atlete sal komende naweek dié mylpaal kan nastreef by die Namibiese Skolesportunie se nasionale kampioenskap in Windhoek.

Volgens Naimhwaka is drie seniors genooi om komende naweek Bo­tswana se nasionale kampioenskap by te woon. Die naellopers Ernst Narib, Jolene Jacobs en Mahmad Bock sal die reis aanpak.

Laas naweek se nasionale medaljewenners:

Vroue 100 meter (windspoed 2.0 m/s): 1 Jolene Jacobs (Welwitschia-77) 11.82; 2 Sadé de Sousa (Golden Cheetah) 11.85; 3 Globine Mayova (Nampol Windhoek) 12.22.

Vroue 200 meter (windspoed 2.8 m/s): 1 Sadé de Sousa (Golden Cheetah) 24.30; 2 Mberihonga Kandovazu (Welwitschia-77) 24.76; 3 Globine Mayova (Nampol Windhoek) 24.78.

Vroue 400 meter: 1 Mberihonga Kandovazu (Welwitschia-77) 57.58; 2 Salmi Nduviteko (Nampol Windhoek) 59.09; 3 Perpetua Simataa (Swakop Striders) 1:00.93.

Vroue 800 meter: 1 Salmi Nduviteko (Nampol Windhoek) 2:19.15; 2 Rondengudus Gustaf (Kakadhinwa) 2:19.84; 3 Elizabeth Shivute (Cheetah) 2:24.67.

Vroue 1500 meter: 1 Lavinia Haitope (Nampol Windhoek) 4:42.05; 2 Rondengudus Gustaf (Kakadhinwa) 4:50.51; 3 Elizabeth Shivute (Cheetah) 5:04.89.

Vroue 5000 meter: 1 Leena Ekandjo (Nampol Windhoek) 17:45.90; 2 Ndinelao DuMansi (Kakadhinwa) 18:49.45; 3 Letisia Fillipus (Okongo) 19:01.52 4.

Vroue 10 000 meter: 1 Leena Ekandjo (Nampol Windhoek) 33:43.81; 2 Sofia Hambabi (Oshakati) 37:45.40; 3 Ottilie Aimwata (NDF) 38:35.67.

Vroue 100 meter hekkies: 1 Perpetua Simataa (Swakop Striders) 15.0s; 2 Laurie-Anne Potgieter (Windhoek Hochland) 16.9s; 3 Ze-Zane Lewin (Rehoboth) 17.0s.

Vroue 400 meter hekkies: 1 Anika van Niekerk (Windhoek Gimnasium) 1:10.08; 2 Chantelle Louw (Windhoek Hochland) 1:10.17; 3 Nelia Landsberg (Windhoek Hochland) 1:10.43 4.

Vroue hoogspring: 1 Natalie Louw (Triomf) 1.65m; 2 Meriam Minin (Unam) 1.65m; 3 Madelein Kotze (Windhoek Hochland) 1.45m.

Vroue verspring: 1 Natalie Louw (Triomf) 5.69m (windspoed 1.7 m/s); 2 Corlia Kruger (Triomf) 5.27m; 3 Marchelina Tom (Nampol Windhoek) 5.15m.

Vroue driesprong: 1 Jesse Joseph (Rehoboth) 10.95m (windspoed 1.4 m/s); 2 Ze-Zane Lewin (Rehoboth) 9.98m; 3 Faith Mudimba (Unam) 9.93m.

Vroue gewigstoot: 1 Conette Smith (Swakop Striders) 11.07m; 2 Selma Shilongo (Golden Cheetah) 10.89m; 3 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 9.78m.

Vroue diskusgooi: 1 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 39.55m; 2 Conette Smith (Swakop Striders) 32.02m; 3 Elise Booysen (Windhoek Hochland) 28.64m.

Vroue spiesgooi: 1 Shani Burger (Windhoek Hochland) 35.25m; 2 Corlia Kruger (Triomf) 34.02m; 3 Arina Gous (Windhoek Hochland) 30.10m.

Mans 100 meter (handtyd, geen windspoed geneem): 1 Dantago Gurirab (Golden Cheetah) 10.3; 2 Hitjivirue Kaanjuka (Nampol Windhoek) 10.4; 3 Even Tjiviju (Namibië Korrektiewe Dienste) 10.5.

Mans 200 meter (windspoed 3.4 m/s): 1 Ernst Narib (Nampol Windhoek) 20.94; 2 Even Tjiviju (Namibië Korrektiewe Dienste) 21.46; 3 Hitjivirue Kaanjuka (Nampol Windhoek) 21.53.

Mans 400 meter: 1 Ernst Narib (Nampol Windhoek) 46.54; 2 Mahmad Bock (Unam) 48.33; 3 Gerson Kangwiya (Nampol Omusati) 48.54.

Mans 800 meter: 1 Daniel Nghipandulwa (Nampol Windhoek) 1:53.23; 2 Jeremia Shaliaxwe (Nampol Windhoek) 1:55.11; 3 Ananias Simon (Future Energy Lüderitz) 1:56.37.

Mans 1500 meter: 1 Jeremia Shaliaxwe (Nampol Windhoek) 4:00.92

2 Oskar Komeya (NDF) 4:01.51; 3 Johannes Skrywer (Nampol Windhoek) 4:06.46.

Mans 5000 meter: 1 Rainhold Thomas (Namibië Korrektiewe Dienste) 14:45.29: 2 Kefas Kondjashili (Nampol Windhoek) 14:53.93; 3 Mateus Kadhingula (Nampol Windhoek) 15:04.86.

Mans 10 000 meter: 1 Rainhold Thomas (Namibië Korrektiewe Dienste) 31:01.50; 2 Mynhardt Kauanivi (Nampol Windhoek) 31:40.93; 3 Paulus Iiyambo (NDF) 32:01.49.

Mans 110 meter hekkies (windspoed 1.0 m/s): 1 Fred-Charles Pieterse (Welwitschia-77) 14.27; 2 Wencuslaus Klaasman (Nampol Windhoek) 16.15; 3 Zuriel April (Rehoboth) 16.78.

Mans 400 meter hekkies: 1 Hardus Maritz (Windhoek Hochland) 50.30; 2 Fred-Charles Pieterse (Welwitschia-77) 57.74; 3 Warren Goroseb (Unam) 57.90.

Mans hoogspring: 1 Wencuslaus Klaasman (Nampol Windhoek) 2.00m; 2 Anana Samuntu (Windhoek Hochland) 2.00m; 3 Luciano Manale (Swakop Striders) 1.95m; 3 Visamuje Ujaha (Swakop Striders) 1.95m.

Mans verspring: 1 Sandro Diergaardt (Windhoek Hochland) 7.34m (windspoed 3.6 m/s); 2 Anana Samuntu (Windhoek Hochland) 7.01m; 3 Gregg Makari (Unam) 6.94m.

Mans driesprong: 1 Dennis Orlam (Rehoboth) 13.68m (windspoed 1.7 m/s); 2 Gregg Makari (Unam) 13.35m (windspoed 1.2 m/s); 3 Eugene van Kradenburg (Rehoboth) 12.86m.

Mans gewigstoot: 1 Ryan Williams (Windhoek Hochland) 12.97m; 2 Clark Seibeb (Omaruru (11.49m; 3 Felix Makumbi (Nampol Windhoek) 10.82m.

Mans diskusgooi: 1 Ryan Williams (Windhoek Hochland) 45.67m; 2 Dirk Potgieter (Windhoek Hochland) 33.30m; 3 Clark Seibeb (Omaruru) 32.60m.

Mans spiesgooi: 1 Bernhardt Wessels (Windhoek Hochland) 55.00m; 2 Karl Jacobie (Windhoek Hochland) 52.50m; 3 Paul Majiedt (Rehoboth) 51.29m.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!