Teksboodskap impliseer ‘twee Amerikaners’

Heckamir-moordverhoor
Andrew Poolman
Kristien Kruger – “Hello, my naam is Henry. Wat is André se nommer? Ek het twee Amerikaanse vriende wat graag met hom wil ontmoet.”

Dis ’n teksboodskap wat wyle André Heckmair se ma, Brigitte, op 28 Desember 2010 ontvang het van ’n selfoonnommer wat later aan die moordbeskuldigdes mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend gekoppel is.

Sy het haar seun se nommer aan die persoon verskaf.

Adjudant Paulus Namendu was die fotograaf van die misdaadtoneeleenheid van die Namibiese polisie wat Brigitte se selfoon afgeneem het met dié boodskap wat op die skerm vertoon.

Hy het ook op 9 Januarie foto’s geneem van die kamer in die gastehuis waar hulle in daardie stadium gebly het. Dié datum was drie dae ná die moord op Heckmair en drie dae nadat die beskuldigdes se kamer die eerste keer deursoek is.

Namendu het in Januarie 2011 ’n fotoplan saamgestel en ’n gedeelte daarvan is gister tydens sy getuienis by die hoërhof in Windhoek ingedien.

Selfoonrekords dui glo daarop aan dat André Heckmair en die beskuldigdes vanaf Desember 2010 tot die dag van sy moord in kontak was.

AFSPRAAK OP DAG VAN MOORD

Volgens die getuienis van familielede het Heckmair ure voor sy moord ’n afspraak met “twee Amerikaners” gehad. Hy het glo ’n bespreking by ’n restaurant in Windhoek vir drie persone gehad.

Sy familie het hom gesien net voordat hy na die beweerde afspraak vertrek het. In die volgende paar ure is hy in die straat in sy motor doodgeskiet.

Die plek waar hy gevind is, was wel nie naby die restaurant waar hulle na bewering sou ontmoet nie.

Hoewel die beskuldigdes onskuldig gepleit het op die moord, het dit tydens die verhoor aan die lig gekom dat hulle vir Heckmair geken het en daardie dag met hom sou ontmoet “vir besigheid”, maar Heckmair het toe glo nooit vir die afspraak opgedaag nie.

Die rekords toon dat kommunikasie tussen Heckmair en die beskuldigdes omstreeks 11:54 opgehou het en dat die beskuldigdes nie weer daarna kontak gemaak het nie.

Die nadoodse ondersoek het aangedui dat Heckmair tussen 13:00 en 14:00 doodgeskiet is.

Die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van bewyse, wat deur die polisie sonder ’n visenteringslasbrief bekom is, sal vandag voortduur.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!