Tel ysters op in Ou Jim
Outjo spog nou met sy eie gimnasium met ‘n unieke karakter.
Francoise Steynberg – Human Prinsloo het op 1 Februarie sy Ou Jim-gimnasium op Outjo se deure oopgemaak.
Dít volg nadat hy verlede jaar opgemerk het daar is ‘n groot behoefte aan so ‘n fasiliteit op die dorp.
“Ek het in Maart verlede jaar ‘n stent gekry en my ma die jaar tevore. My dokter het vir my gesê ek moet begin oefen,” vertel Human.
“Dit was nie vir my volhoubaar om by die huis te oefen nie en my idee was om iets aan die dorp terug te gee.”
Human sê binne twee maande het hy 90 lede met verskillende lidmaatskapkontrakte by die gimnasium gekry.
“Wat wonderlik is, is die klomp skoolkinders wat soggens vroeg by Ou Jim oefen. Hier is ook baie fietsryers op die dorp en dit is lekker om die dorpenaars weer fiks te kry.”
Ou Jim spog ook met ‘n professionele fiksheidsinstrukteur, Quintin Puren.
Ou Jim het ‘n ander mooi storie: Human is die broer van wyle Lindie Prinsloo wat einde verlede jaar op Swakpomund vermoor is.
“Ek en Lindie het die naam, Ou Jim, saam uitgedink. Sy het ook die logo en handelsmerk ontwerp. Al die kussings van die toerusting is met Lindie se materiaal oorgetrek wat sy gedruk het,” vertel Human.
Die slagspreuk van Ou Jim is “hier tel ons ysters op”. Human vertel sy pa was in sy jong dae ‘n fris man.
“My pa het altyd geskerts hy is so fris omdat hy ysters optel.”
Ou Jim spog met ‘n groot verskeidenheid oefentoerusting in die gimnasium - van tien spinfietse en vier oefenfietse tot twee trapmeule en ‘n roeimasjien.
“Ons wil uitbrei met nog toerusting soos boksslaansakke en wil ook diegene akkommodeer wat CrossFit doen,” het Human gesê.
Ou Jim is Maandae tot Vrydae vanaf 05:00 tot 20:00 oop en Saterdae vanaf 08:00 tot 13:00.
“As daar ‘n spesiale versoek is, gesels gerus met ons fiksheidinstrukteurs om Sondae ook die deure van die gimnasium oop te maak,” sê Human.
Vir verdere navrae, kontak Ou Jim by 081 148 3615 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie