Telecom: Drie senior bestuurders geskors
Ronelle Rademeyer - Telecom Namibia het drie senior bestuurders voorlopig geskors hangende 'n ondersoek na 'n vermeende bedrieglike kontrak van N$12 miljoen waarvoor die maatskappy reeds N$4,8 miljoen opgedok het voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.
Hulle is mnr. Robert Offner, hoof- finansiële beampte, me. Jinah Buys, hoof van korporatiewe bestuur, regsdienste en regulatoriese sake, en dr. Ben van der Merwe, hoof van interne oudit en risikobestuur.
Mnr. Armando Perny, waarnemende uitvoerende hoof, sê in 'n verklaring wat laat gister uitgereik is Offner is op 26 September geskors, terwyl Buys en Van der Merwe se voorlopige skorsing Dinsdag van krag geword het.
Hy sê die uitvoerende bestuur het vanweë dié werknemers se senioriteit in die maatskappy en die erns die saak wat ondersoek word, besluit om hulle te skors tot ná die ondersoek afgehandel is.
Die dagblad The Namibian het vroeër berig Telecom Namibia het 16 maandelikse betalings aan Canocopy Pty Limited (wat aan Paratus Telecom behoort) gemaak as deel van 'n bedrieglike kontrak van N$12 miljoen.
Hofdokumente wat op 30 November as deel van 'n eissaak by die hoërhof ingedien is, toon Telecom Namibia het Canocopy tussen Maart 2016 en Junie 2017 maandeliks N$299 000 (N$4,8 miljoen in totaal) betaal voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.
Canocopy lewer kantooroutomatiserings- en drukwerkdienste en is die gemagtigde verspreider van Ricoh-produkte en -oplossings in Namibië.
Dit het voorheen aan mnre. Werner Lassen en Mark Barnard behoort. Laasgenoemde het die maatskappy verlaat nadat dit sowat twee jaar gelede deur Paratus Namibia gekoop is.
Barnard se handtekening en dié van Offner verskyn na bewering op die kontrak.
Mnr. Barney Harmse, uitvoerende hoof van die Paratus Africa Group, het gistermiddag by navraag gesê Canocopy dagvaar Telecom Namibia vir die nienakoming van die kontrak, wat volgens hom geldig is.
"Ons het dit ondersoek en 'n siviele geding aanhangig gemaak. Die hof moet nou daaroor besluit. Ons (Paratus) het 'n reusebelegging in Canocopy gemaak. As iets wat omstrede is, plaasgevind het, moet die hof besluit wie moet ons vergoed vir die verlies wat Canocopy weens hierdie kontrak ly."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie