‘Teleurstelling’ ná Franse Folau kontrakteer
Rugby
Die afgedankte Wallaby Israel Folau het teruggekeer na rugbyliga met ’n skuif na die Franse Superliga-span, die Catalans Dragons.
Folau (30) en Rugby Australië het in Desember ’n skikkingsooreenkoms bereik nadat hy die trekpas gekry het weens sy uitlatings op sosiale media dat “dronklappe, homoseksuele, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodsdienaars” vir die hel bestem is.
ABCSport berig hy het ’n kontrak van ’n jaar met die Catalans gesluit, die enigste Franse klub in die Superliga wat andersins uit Engelse spanne en een van Kanada bestaan.
Die RFL, die beheerliggaam vir professionele rugbyliga in Engeland, en die Superliga sê hulle “verafsku” Folau se vorige uitlatings en dat dit ’n “moeilike besluit” was om hom toe te laat om in die reeks te speel.
Volgens Robert Elstone, voorsitter van die Superliga, is “streng voorwaardes in plek gestel” om te verhoed dat Folau weer soortgelyke uitlatings maak.
“Indien hy oortree, sal sy kontrak dadelik opgeskort word en die Catalans sal ook ’n swaar boete ontvang,” sê Elstone.
Elstone sê hy het gaan kers opsteek by ingeligtes in rugbyliga en die meerderheid deel sy teleurstelling dat die Catalans besluit het om Folau te kontrakteer.
“Daar is ’n sterk gevoel dat die besluit om hom te betrek baie mense verbonde aan ons sport in die steek laat,” sê hy.
“Ek het die Catalans Dragons van hierdie sienings bewus gemaak. Die Superliga het egter nie die gesag om die registrasie van spelers te veto nie en is tevrede met die omsigtigheidsondersoek wat die RFL uitgevoer het.”
Die RFL sê in ’n verklaring hy beskik nie oor die “regulatoriese raamwerk” om Folau te keer om hom by die Catalans aan te sluit nie en kan daarom nie sy deelname aan die sport verhoed nie.
“Die speler is nie aangekla of skuldig bevind aan enige strafregtelike oortreding nie,” sê die verklaring.
“Die morele verantwoordelikheid vir die besluit om ’n speler te kontrakteur rus by die individuele klubs. Ons het herversekering ontvang by die speler sowel as die klub rakende sy toekomstige gedrag.”
Keegan Hirst, die eerste Britse rugbyligaspeler om uit die spreekwoordelike kas te klim, sê op Twitter hy is “geskok en teleurgesteld” oor die ooreenkoms.
Die Wigan Warriors, wat ook in die Superliga meeding, het kort voor die nuus oor Folau bekend gemaak is aangekondig sy wedstryd op 22 Maart teen die Catalans sal “Pride Day” wees.
“Ons is verbind tot die kernwaardes van respek en inklusiwiteit,” sê Kris Radlinski, die klub se grootbaas.
“Ek dink vandag, meer as enige ander dag, is dit van kardinale belang om daardie boodskap te beklemtoon.”
Spelers sal reënboog-veters en -kouse vir die kragmeting dra. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie